Bread as dignity : the Constitution and the Consumer Protection Act 68 of 2008

dc.contributor.authorBauling, Andrea
dc.contributor.authorNagtegaal, Annelize
dc.date.accessioned2015-09-30T05:36:37Z
dc.date.available2015-09-30T05:36:37Z
dc.date.issued2015
dc.description.abstractDie belang van die onderlinge verband tussen mense- en verbruikersregte, (her)verdelende billikheid, verbruikersbeskerming en die kontraktereg moet vooropgestel word. Die reg op gelykheid en menswaardigheid het die mees direkte invloed op die kontraktereg. Die kontrak kan potensieel as ‘n instrument gebruik word waarmee armoede gedupliseer word. Die rol wat verbruikersbeskerming wetgewing speel in die proses om die verbruiker van die ekonomiese gevolge van onregverdige verbruikersoor-eenkomste te beskerm, moet geevalueer word in oorleg met die grondwetlikvoorgeskrewe plig om op ‘n volgehoue basis die regverdigheid en regmatigheid van die kontraktereg te verseker. Dit is uiters belangrik om die werklike bedingingstand van die partye te identifiseer, aangesien hierdie inligting noodsaaklik is om te bepaal of die ooreenkoms so aangegaan is om die voldoening van sosiale geregtigheid te bewerkstellig. Die Wet op Verbruikersbeskerming1 stel regverdigde metodes daar waarmee kontrak-vryheid ingeperk word om sodoende die ekonomies grensgeval-verbruiker te beskerm. Die ideaal van die etiese kontrak kan verdere leiding in hierdie verband verskaf. Die hoofdoel van die Wet, om die mees kwesbare lede van die samelewing te beskerm wanneer hul verbuikersooreenkomste aangaan, moet by elke moontlike geleentheid nagestreef word. Die impak van die uiters ongelyke bedingingstand van lede van die Suid-Afrikaanse samelewing kan nie langer afgemaak word indien ‘n billike en substantief-gelyke kontraktuele speelveld vereis word nie. Die vermoë om brood, een van die mees basiese verbruikersgoedere, te koop is een mate van waardigheid. Die rol van die reg in die Suid-Afrikaanse transformerende projek kan nie afgemaak word nie. Die strewe na ‘n kontraktuele Utopia kan potensieel, al is dit in ‘n mindere mate, bydra tot die proses om armoede uit te roei en gelykheid in die samelewing daar te stel. Alle geleenthede moet benut word in die soeke na maniere om armoede aan te spreek. Die hoop is dat die Wet op Verbruikers-beskerming die era van die etiese kontrak sal inlei.en_ZA
dc.description.librarianam2015en_ZA
dc.description.urihttp://www.dejure.up.ac.zaen_ZA
dc.identifier.citationBauling, A & Nagtegaal, A 2015, ‘The Constitution, consumer protection and bread as dignity’, De Jure, vol. 48, no. 1, pp. 149-171.en_ZA
dc.identifier.issn1466-3597
dc.identifier.other10.17159/2225-7160/2015/v48n1a9
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/2263/50094
dc.language.isoenen_ZA
dc.publisherPretoria University Law Pressen_ZA
dc.rightsPretoria University Law Pressen_ZA
dc.subjectGrondweten_ZA
dc.subjectMenswaardigheiden_ZA
dc.subjectConstitutionen_ZA
dc.subjectDignityen_ZA
dc.subjectConsumer Protection Act 68 of 2008 (CPA)en_ZA
dc.subjectVerbruikersbeskermingen_ZA
dc.titleBread as dignity : the Constitution and the Consumer Protection Act 68 of 2008en_ZA
dc.title.alternativeGrondwet, verbruikersbeskerming en brood as menswaardigheiden_ZA
dc.typeArticleen_ZA

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Bauling_Bread_2015.pdf
Size:
204.77 KB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Article

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: