Bread as dignity : the Constitution and the Consumer Protection Act 68 of 2008
Loading...
Date
Authors
Bauling, Andrea
Nagtegaal, Annelize
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Pretoria University Law Press
Abstract
Die belang van die onderlinge verband tussen mense- en verbruikersregte,
(her)verdelende billikheid, verbruikersbeskerming en die kontraktereg
moet vooropgestel word. Die reg op gelykheid en menswaardigheid het die
mees direkte invloed op die kontraktereg. Die kontrak kan potensieel as ‘n
instrument gebruik word waarmee armoede gedupliseer word. Die rol wat
verbruikersbeskerming wetgewing speel in die proses om die verbruiker
van die ekonomiese gevolge van onregverdige verbruikersoor-eenkomste
te beskerm, moet geevalueer word in oorleg met die grondwetlikvoorgeskrewe
plig om op ‘n volgehoue basis die regverdigheid en regmatigheid van die kontraktereg te verseker. Dit is uiters belangrik om die werklike bedingingstand van die partye te identifiseer, aangesien hierdie inligting noodsaaklik is om te bepaal of die ooreenkoms so aangegaan is om die voldoening van sosiale geregtigheid te bewerkstellig.
Die Wet op Verbruikersbeskerming1 stel regverdigde metodes daar waarmee kontrak-vryheid ingeperk word om sodoende die ekonomies grensgeval-verbruiker te beskerm. Die ideaal van die etiese kontrak kan verdere leiding in hierdie verband verskaf. Die hoofdoel van die Wet, om die mees kwesbare lede van die samelewing te beskerm wanneer hul verbuikersooreenkomste aangaan, moet by elke moontlike geleentheid nagestreef word. Die impak van die uiters ongelyke bedingingstand van lede van die Suid-Afrikaanse samelewing kan nie langer afgemaak word indien ‘n billike en substantief-gelyke kontraktuele speelveld vereis word nie. Die vermoë om brood, een van die mees basiese verbruikersgoedere, te koop is een mate van waardigheid. Die rol van die reg in die Suid-Afrikaanse transformerende projek kan nie afgemaak word nie. Die strewe na ‘n kontraktuele Utopia kan potensieel, al is dit in ‘n mindere mate, bydra tot die proses om armoede uit te roei en gelykheid in die
samelewing daar te stel. Alle geleenthede moet benut word in die soeke na
maniere om armoede aan te spreek. Die hoop is dat die Wet op Verbruikers-beskerming die era van die etiese kontrak sal inlei.
Description
Keywords
Grondwet, Menswaardigheid, Constitution, Dignity, Consumer Protection Act 68 of 2008 (CPA), Verbruikersbeskerming
Sustainable Development Goals
Citation
Bauling, A & Nagtegaal, A 2015, ‘The Constitution, consumer protection and bread as dignity’, De Jure, vol. 48, no. 1, pp. 149-171.