God sonder gesig? Moontlike sielkundige interpretasies vir die verborge God in die Hebreeuse Bybel
Loading...
Date
Authors
Van der Zwan, Pieter
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Greek Orthodox Patriarchate
Abstract
Volgens sekere gedeeltes in die Hebreeuse Bybel kan ʼn mens nie die aanskoue van die (aan)gesig
van God oorleef nie. Andersins word weer getuig dat sekere mense die gesig van God wel gesien het,
maar dit word nooit beskryf nie, ook wanneer daar selfs gepleit word dat God sy aangesig nie verberg
nie, omdat die voortbestaan van alles en almal juis van die positiewe blik van God afhanklik is. Vier
moontlike sielkundige verklarings word vir die afwesige gesig van God aangebied: die onsigbaarheid en
oënskynlike onbeskryfbaarheid van God se gesig kan uit ʼn psigoanalitiese gesigspunt as menslike
projeksie van skaamte en skuld vertolk word. Tweedens kon die moontlike falliese aard van God
homoerotiese impulse gegee het, wat verdoesel moes word. Derdens is die visueel afwesige God in
ooreenstemming met die tweekamerbreinteorie as regressie tot die ouditiewe geïnterpreteer word.
Vierdens kan die gesig van God ook ʼn onbewuste assosiasie met die son as bewussynssimbool en van
sinvolle lewensinsig wat in tye van teëspoed verborge bly, gehad het. Wanneer hierdie lig verblindend
skerp is, verloor die mens in sy ervaring van God sy sig en vertolk dit as die afwesigheid van God.
Description
Keywords
Hebreeuse Bybel, Sielkundige interpretasies, Gesig van God, Verborge God, Divine hiddenness, Psychological interpretations, Hebrew bible, God without face
Sustainable Development Goals
SDG-03: Good health and well-being
SDG-04: Quality education
SDG-16: Peace, justice and strong institutions
SDG-04: Quality education
SDG-16: Peace, justice and strong institutions
Citation
Van der Zwan, P. 2017, 'ʼn God sonder gesig? Moontlike sielkundige interpretasies vir die verborge God in die Hebreeuse Bybel', Pharos Journal of Theology, vol. 98, pp. 1-14.
