Ondersoek na die gebruik van ortogonale ontbinding om interne okulere druk te bepaal
Loading...
Date
Authors
Botha, Natasha
Kok, Schalk
Inglis, Helen Mary
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
AOSIS Open Journals
Abstract
Accurately determining intraocular pressure (IOP) is crucial to the diagnosis and management of glaucoma, the leading cause of irreversible blindness in South Africa. This study aims to investigate the possibility of using proper orthogonal decomposition (POD) to determine IOP from ocular response data obtained from numerical simulations
Gloukoom, ’n oogsiekte wat die optiese senuwee permanent beskadig, is die tweede grootste oorsaak van blindheid (naas katarakte, wat behandelbaar is), en die primêre oorsaak van permanente blindheid in Suid-Afrika. Verhoogde interne okulêre druk (IOD) is die belangrikste risikofaktor vir die ontwikkeling van gloukoom, en moet dus met akkuraatheid bepaal word om gloukoom, wat kronies behandel kan word, betyds te diagnoseer. Hierdie studie beoog om te bepaal of die numeriese tegniek bekend as POD (ortogonale ontbinding – in Engels ‘proper orthogonal decomposition’) gebruik kan word om die IOD meer akkuraat te bepaal. Die werk van Ghaboussi et al. (2009) is uitgebrei in hierdie studie, waarin ’n kombinasie van kunsmatige neurale netwerke en genetiese algoritmes gebruik is om die IOD te bepaal. Die IOD word met behulp van kontak- en nie-kontak tonometrie bepaal. Hierdie tegnieke, wat daarop berus om die indentasieweerstand van die kornea te gemeet, toon ’n mate van onakkuraatheid weens die kalibrasie van die meetinstrumente wat gebruik word om die die kornea-eienskappe van die gemiddelde populasie te bepaal. Pasiënte wat beduidend verskillende kornea-eienskappe openbaar, se werklike IOD word gevolglik onakkuraat geskat.

Description
This abstract was presented
at the ‘Studentesimposium
in die Natuurwetenskappe
2011’, presented under
the protection of the Suid-
Afrikaanse Akademie vir
Wetenskap en Kuns. The
symposium was held at the
University of South Africa on
27–28 October 2011.
Keywords
Proper orthogonal decomposition
Sustainable Development Goals
Citation
Natasha Botha, N., Kok, S. & Inglis, H., 2013, ‘Ondersoek na die gebruik van ortogonale ontbinding om interne okulêre druk te bepaal’, Suid Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 32(1), Art. #406, 1 page. http://dx.DOI.org/10.4102/satnt.v32i1.406