Kamee - Die Vergestalting van skuld en vergifnis in 30 nagte in Amsterdam (Etienne Van Heerden)

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

University of Pretoria

Abstract

Skuld en vergifnis is komplekse konstrukte wat deur die eeue in verskillende religieuse, sosiologiese, psigologiese, wetlike en private sfere ontwikkel het en steeds ontwikkel. Hierdie konstrukte word gesien as deel van die menslike kondisie. Hierdie mini-verhandeling lewer ’n ondersoekende literêre oorsig na die ontwikkeling van die konstrukte skuld en vergifnis, met spesifieke verwysing na: • bestaande perspektiewe en post-strukturele teorieë aangaande skuld en vergifnis; • aspekte van skuld en vergifnis wat neerslag vind in die politieke, sielkundige, sosiale, filosofiese en religieuse domeine; • die metodiek en ritueel rondom die gee en ontvang van vergifnis. Die navorsing stel voor dat skuld en vergifnis as ideologiese raamwerke kan dien om die wêreld, samelewing en letterkunde te analiseer. In die ontleding van die roman 30 nagte in Amsterdam, deur Etienne van Heerden (2008), word aangetoon hoe aspekte van skuld en vergifnis verbeeld word deur die gebruik van die volgende narratiewe struktuurelemente: karakters en karakterisering, plot of intrige, verteller en perspektief, tyd en ruimte.

Description

Dissertation (MA)--University of Pretoria, 2013.

Keywords

Skuld, Vergifnis, Onvergeefbare skuld, Onvoorwaardelike vergifnis, Voorwaardelike vergifnis, Restoratiewe geregtigheid, Reparasie, Politieke vergifnis, Amnestie, Derdeparty-vergifnis, Selfvergifnis, Vergifnisrituele, Ubuntu, Etienne van Heerden, 30 nagte in Amsterdam, UCTD

Sustainable Development Goals

Citation

Hattingh, R 2013, Kamee - Die Vergestalting van skuld en vergifnis in 30 nagte in Amsterdam (Etienne Van Heerden), MA dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/41317>