Evaluating the social and ethics committee : is labour the missing link? (1)

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Botha, Monray Marsellus

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

LexisNexis

Abstract

Die Maatskappywet 71 van 2008 het groot veranderinge in die Suid-Afrikaanse korporatiewe landskap teweeggebring. Hierdie veranderinge het nie net te doen met korporatiewe bestuur nie maar ook met korporatiewe sosiale verantwoordbaarheid. Die rol van maatskappye in die gemeenskap het verander. Hulle moet nie slegs aandeelhouers se belange in ag neem nie, maar ook die belange van ander belangegroepe soos werknemers. Werknemers se stem en deelname in maatskappye is belangrike aspekte wat veral tans onder die vergrootglas is. Die Maatskappywet verleen aan werknemers spesifieke regte rakende deelname in maatskappye. Hierdie regte is duidelik vervat in en spruit voort uit verskeie bepalings in die Wet. Die Maatskappywet bevat ook ander innovasies wat die sosiale- en etiekkomitee insluit. Die funksies van hierdie komitee sluit nie net aangeleenthede soos sosiale en ekonomiese ontwikkeling in nie maar ook arbeids- en diensaangeleenthede. Die vraag is dus of die verlore skakel in die komitee nie die stem en deelname van werknemers is nie. Hierdie bydrae ondersoek die aspekte wat deur hierdie komitee gemonitor word en ondersoek die vraag of werkersdeelname op hierdie komitee versterk behoort te word ten einde / effektiewe stem aan hulle te verleen in aangeleenthede wat hulle ten nouste raak.

Description

Keywords

Verlore skakel, Arbeid, Sosiale- en etiekkomitee, Missing link, Labour, Social and ethics committee, social and ethics committee, Companies Act 71 of 2008

Sustainable Development Goals

Citation

Botha, MM 2016, 'Evaluating the social and ethics committee : is labour the missing link? (1)', Journal of Contemporary Roman Dutch Law / Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, vol. 79, no. 4, pp. 580-593.