Die Pretoriase Normaalkollege: Terugblik oor die eerste vyftig jaar
Loading...
Date
Authors
Oberholzer, C.K.
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Die Staatsdrukker, Pretoria
Abstract
Aan die begin van 1951 het die komitee wat kragtens die trustakte
beheer uitoefen oor die Stigtingsfonds van die Pretoriase Normaalkollege
besluit om die geskiedenis van die ontstaan en van die ontwikkeling van
die inrigting gedurende die afgelope 50 jaar te laat te boek stel. Dit was
die bedoeling van die komitee om die geskiedenis van die Kollege in die
vorm van 'n ryklik geillustreerde en populêr-wetenskaplik opgestelde
brosjure die lig te laat sien gelyktydig met die voorgenome halfeeufeesviering
in September 1952.
Met die vriendelike medewerking van die personeel van die Staatsargief
is die argiefstukke van die Kollege sodanig gesistematiseer en georden dat
'n navorser sonder onnodige tydverlies en met gerief sy weg in die
versameling opgehoopte oorspronklike bronnemateriaal kan vind. En toe
daar iemand gevind moes word om die geskiedskrywing te onderneem, het
die keuse van die komitee op prof. C. K. Oberholzer geval.
Prof. Oberholzer was jare lank aan die Kollegepersoneel verbonde,
eers as dosent, en later, gedurende die tydperk Augustus 1944 tot April
1948, het hy as onderhoof, en by wyle ook as waarnemende hoof, opgetree.
'n Groot gedeelte van die geskiedenis van die inrigting het hy derhalwe
persoonlik meegemaak. Hy is in die eerste plek filosoof en opvoedkundige;
geskoolde historikus is hy nie, en hy wil hom dan ook nie daardie kwalifikasie
toeëien nie. Hy het hom desnietemin daarop toegelê om die feite met
simpatieke aanvoeling in hul ware perspektief te sien en weer te gee, en
om hulle vervolgens te interpreteer in ooreenstemming met sy filosofies
georiënteerde lewensbeskouing.
Description
Keywords
Pretoriase Normaalkollege, History, Development, Kollege