The application of "repealed" sections of the Companies Act 61 of 1973 to liquidation proceedings of insolvent companies

dc.contributor.authorBoraine, A. (Andre), 1957-
dc.contributor.authorVan Wyk, Jani Sita
dc.date.accessioned2014-07-08T07:27:21Z
dc.date.available2014-07-08T07:27:21Z
dc.date.issued2013
dc.description.abstractDie Maatskappyewet 71 van 2008 het op 1 Mei 2011 in werking getree en die Maatskappyewet 61 van 1973 herroep. Nietemin is die bepalings in die 1973-Wet insake korporatiewe insolvensieverrigtinge in wese behou deur artikel 224 en item 9 van skedule 5 by die 2008-Wet. Die 2008-Wet bevat bepalings om die likwidasie van solvente maatskappye in werking te stel maar geen prosedures om dit deur te voer nie, soos wat die 1973-Wet wel bevat. Geen substantiewe bepalings in verband met die gronde en prosedures vir die likwidasie van insolvente maatskappye is ontwikkel en geïnkorporeer in die 2008-Wet nie. In plaas daarvan, en met spesifieke verwysing na die likwidasie van 'n maatskappy wat insolvent is, is die bepalings van hoofstuk 14 van die 1973-Wet van toepassing "asof hierdie bepalings nie herroep is nie". In lig van die voormelde en in die konteks van die likwidasie van insolvente maatskappye, oorweeg hierdie artikel drie vrae. Eerstens word die vraag gevra of 'n interpretasie van item 9 van skedule 5 by die 2008-Wet 'n ruim benadering ondersteun waarvolgens daar gesteun mag word op bepalings van die 1973-Wet wat buite die grense van hoofstuk 14 van die Wet val. Tweedens word eksperimentele oorweging verleen aan die toepassing van die bovermelde benadering om sodoende te kan steun op die bepalings van artikels 12 en 13 van die 1973-Wet. Die saak van Botha NO v Van den Heever NO word in hierdie verband bespreek. Derdens word die vraag gevra of die inhoud van die bepalings insake jurisdiksie (artikel 12) en sekuriteit vir kostes (artikel 13) waarde toevoeg tot die uitvoering van likwidasie prosedures, dus in effek of daar 'n behoefte is om hierdie bepalings te behou binne die konteks van die toepassing van hoofstuk 14 en die likwidasie-prosedures vervat in die 1973-Wet. In afwagting van omvattende wetgewing om insolvensie prosedures te reguleer, word daar voorgestel dat die bepalings van die 1973-Wet in soverre dit betrekking het op die likwidasie van insolvente maatskappye, selfs waar hierdie bepalings nie binne die grense van hoofstuk 14 vervat is nie, steeds aangewend mag word in sekere gevalle.en_US
dc.description.librarianam2014en_US
dc.description.urihttp://www.dejure.up.ac.za/en_US
dc.identifier.citationBoraine, A & Van Wyk, J 2013, 'The application of "repealed" sections of the Companies Act 61 of 1973 to liquidation proceedings of insolvent companies', De Jure, vol. 46, no. 3, pp. 644-683.en_US
dc.identifier.issn1466-3597
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/2263/40617
dc.language.isoenen_US
dc.publisherPretoria University Law Press (PULP)en_US
dc.rightsPretoria University Law Press (PULP)en_US
dc.subjectLiquidationen_US
dc.subjectInsolvent companiesen_US
dc.subjectSouth African Companies Act No. 71 of 2008en_US
dc.subjectSuid-Afrikaanse Maatskappyewet 71 van 2008en_US
dc.subject“Repealed” sectionsen_US
dc.subject“Herroepe” artikelsen_US
dc.subjectLikwidasieen_US
dc.subjectInsolvente maatskappyeen_US
dc.titleThe application of "repealed" sections of the Companies Act 61 of 1973 to liquidation proceedings of insolvent companiesen_US
dc.title.alternativeToepassing van “herroepe” artikels van die Maatskappywet 61 van 1973 op likwidasieverrigtinge van insolvente maatskappyeen_US
dc.typeArticleen_US

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Boraine_Application_2013.pdf
Size:
320.67 KB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Article

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: