The application of "repealed" sections of the Companies Act 61 of 1973 to liquidation proceedings of insolvent companies

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Boraine, A. (Andre), 1957-
Van Wyk, Jani Sita

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

Pretoria University Law Press (PULP)

Abstract

Die Maatskappyewet 71 van 2008 het op 1 Mei 2011 in werking getree en die Maatskappyewet 61 van 1973 herroep. Nietemin is die bepalings in die 1973-Wet insake korporatiewe insolvensieverrigtinge in wese behou deur artikel 224 en item 9 van skedule 5 by die 2008-Wet. Die 2008-Wet bevat bepalings om die likwidasie van solvente maatskappye in werking te stel maar geen prosedures om dit deur te voer nie, soos wat die 1973-Wet wel bevat. Geen substantiewe bepalings in verband met die gronde en prosedures vir die likwidasie van insolvente maatskappye is ontwikkel en geïnkorporeer in die 2008-Wet nie. In plaas daarvan, en met spesifieke verwysing na die likwidasie van 'n maatskappy wat insolvent is, is die bepalings van hoofstuk 14 van die 1973-Wet van toepassing "asof hierdie bepalings nie herroep is nie". In lig van die voormelde en in die konteks van die likwidasie van insolvente maatskappye, oorweeg hierdie artikel drie vrae. Eerstens word die vraag gevra of 'n interpretasie van item 9 van skedule 5 by die 2008-Wet 'n ruim benadering ondersteun waarvolgens daar gesteun mag word op bepalings van die 1973-Wet wat buite die grense van hoofstuk 14 van die Wet val. Tweedens word eksperimentele oorweging verleen aan die toepassing van die bovermelde benadering om sodoende te kan steun op die bepalings van artikels 12 en 13 van die 1973-Wet. Die saak van Botha NO v Van den Heever NO word in hierdie verband bespreek. Derdens word die vraag gevra of die inhoud van die bepalings insake jurisdiksie (artikel 12) en sekuriteit vir kostes (artikel 13) waarde toevoeg tot die uitvoering van likwidasie prosedures, dus in effek of daar 'n behoefte is om hierdie bepalings te behou binne die konteks van die toepassing van hoofstuk 14 en die likwidasie-prosedures vervat in die 1973-Wet. In afwagting van omvattende wetgewing om insolvensie prosedures te reguleer, word daar voorgestel dat die bepalings van die 1973-Wet in soverre dit betrekking het op die likwidasie van insolvente maatskappye, selfs waar hierdie bepalings nie binne die grense van hoofstuk 14 vervat is nie, steeds aangewend mag word in sekere gevalle.

Description

Keywords

Liquidation, Insolvent companies, South African Companies Act No. 71 of 2008, Suid-Afrikaanse Maatskappyewet 71 van 2008, “Repealed” sections, “Herroepe” artikels, Likwidasie, Insolvente maatskappye

Sustainable Development Goals

Citation

Boraine, A & Van Wyk, J 2013, 'The application of "repealed" sections of the Companies Act 61 of 1973 to liquidation proceedings of insolvent companies', De Jure, vol. 46, no. 3, pp. 644-683.