Toekomstige (lug)kastele : die verkoop van regte op uitbreiding kragtens artikel 25 van die Wet op Deeltitels
Loading...
Date
Authors
Lotz, D.J. (Dirk Johannes)
Nagel, C.J. (Christoffel Johannes), 1954-
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Juta Law
Abstract
Die verkoop van regte op uitbreiding kragtens artikel 25 van die Wet op
Deeltitels 95 van 1986 is tans weens hoë eiendomspryse gewild en relevant. Die konsep van ’n reg op uitbreiding is nie nuut nie, maar wel die verkoop
daarvan; hetsy in die geheel of gedeeltelik. In die verlede het ontwikkelaars artikel 25 hoofsaaklik gebruik om fase-ontwikkeling in ’n deeltitelskema te doen. Tans verkoop ontwikkelaars die geheel of gedeeltes van sodanige reg aan individue wat dit as ’n voertuig gebruik om eiendomsreg in ’n deeltitelskema te bekom.
Description
Keywords
Deeltitels
Sustainable Development Goals
Citation
Lotz, DJ & Nagel, CJ 2007, 'Toekomstige (lug)kastele : die verkoop van regte op uitbreiding kragtens artikel 25 van die Wet op Deeltitels', Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, no. 3, pp. 560-568. [http://www.jutalaw.co.za/catalogue/itemdisplay.jsp?item_id=3648]