Die Afrikaans van die Kharkams

Loading...
Thumbnail Image

Date

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

University of Pretoria

Abstract

Daar bestaan 'n sterk opvatting by baie taalkundiges dat Afrikaans geen dialekte het nie. Reeds in 1949 het J J Le Roux al gese dat daar eerder van 11 plaaslike verskille" gepraat moet word (1949:43) ook Abel Coetzee (1958:9) het dit onormvonde gestel dat Afrikaans van ander tale verskil in die opsig dat dit geen gewestelike variante het nie. Alhoewel daar dan in Afrikaans miskien nie van dialekte in die ware sin van die woord gepraat kan word nie, lewer hierdie endersoek tog getuienis van die dialektiese verskeidenheid wat in Afrikaans bestaan. Eers is daar gekyk na die fonologiese eiesoortigheid van die onderhewige groep respondente se taalgebruik. Al die wisselings by die vokale, diftonge en konsonante is behandel. Op hierdie vlak van taalgebruik bestaan beslis 'n grater mate van wisseling as in AB. Dit blyk veral oak uit die foneties-getranskribeerde weergawe van 'n stuk Kharkamsspraak. Op die gebied van die leksikon tref ons die opvallendste en omvattendste verskille aan tussen AB en KT. Dit is oak op hierdie vlak van taalgebruik dat die Khoi-taal 'n sterk invloed uitgeoefen het. Vgl. o.a. substanties goed-konstruksie (3.1.1) en Khoi-invloed op die lek.6ikon (3.4). Wat KT-sintaksis betref, is daarop gewys dat sintaktiese wisselings in die Afrikaanse spraakgemeenskap in elk geval beperk is a·.g.v. die beperkte morfologiese struktuur van die taal. Sintaktiese verskynsels soos o.a. herhaling en stapeling (4.7.1), di..e parentese (4.8) is 'n wesenlike kenmerk van die streektaal en die hoe gebruiksfrekwensie van die sintaktiese middele is opvallend. Die verskynsels wat in die bestek van drie hoofstukke uiteengesit is, is baie duidelik waar te neem uit die monster van opgeneemde stukke spraak, waarvan uittreksels van 6 respondente se taalgebruik hier as addenda verskyn.

Description

Thesis (DLitt)--University of Pretoria, 1983.

Keywords

UCTD

Sustainable Development Goals

Citation

*