Abstract:
Daar bestaan 'n sterk opvatting by baie taalkundiges dat Afrikaans
geen dialekte het nie. Reeds in 1949 het J J Le Roux al gese
dat daar eerder van 11 plaaslike verskille" gepraat moet word
(1949:43) ook Abel Coetzee (1958:9) het dit onormvonde gestel
dat Afrikaans van ander tale verskil in die opsig dat dit geen
gewestelike variante het nie.
Alhoewel daar dan in Afrikaans miskien nie van dialekte in die
ware sin van die woord gepraat kan word nie, lewer hierdie endersoek tog getuienis van die dialektiese verskeidenheid wat in
Afrikaans bestaan.
Eers is daar gekyk na die fonologiese eiesoortigheid van die
onderhewige groep respondente se taalgebruik. Al die wisselings
by die vokale, diftonge en konsonante is behandel. Op hierdie
vlak van taalgebruik bestaan beslis 'n grater mate van wisseling
as in AB. Dit blyk veral oak uit die foneties-getranskribeerde
weergawe van 'n stuk Kharkamsspraak.
Op die gebied van die leksikon tref ons die opvallendste en
omvattendste verskille aan tussen AB en KT. Dit is oak op hierdie
vlak van taalgebruik dat die Khoi-taal 'n sterk invloed uitgeoefen het. Vgl. o.a. substanties goed-konstruksie (3.1.1) en Khoi-invloed op die lek.6ikon (3.4). Wat KT-sintaksis betref, is daarop gewys dat sintaktiese wisselings in die Afrikaanse spraakgemeenskap in elk geval beperk
is a·.g.v. die beperkte morfologiese struktuur van die taal.
Sintaktiese verskynsels soos o.a. herhaling en stapeling (4.7.1),
di..e parentese (4.8) is 'n wesenlike kenmerk van die streektaal en
die hoe gebruiksfrekwensie van die sintaktiese middele is
opvallend.
Die verskynsels wat in die bestek van drie hoofstukke uiteengesit is, is baie duidelik waar te neem uit die monster van
opgeneemde stukke spraak, waarvan uittreksels van 6 respondente
se taalgebruik hier as addenda verskyn.