Die uitdagings en behoeftes van versorgers van jong volwassenes met traumatiese breinbesering (TBB) : ‘n ondersteuningsprogram raamwerk

dc.contributor.advisorCarbonatto, C.L.
dc.contributor.emailalta.erasmus@up.ac.zaen_US
dc.contributor.postgraduateErasmus, Martha Aletta
dc.date.accessioned2023-02-23T11:48:50Z
dc.date.available2023-02-23T11:48:50Z
dc.date.created2023-04
dc.date.issued2022
dc.descriptionThesis (PhD (Humanities))--University of Pretoria, 2022.en_US
dc.description.abstract'n Traumatiese breinbesering (TBB) is 'n ernstige en lewensveranderende besering wat veroorsaak word deur 'n eksterne krag soos 'n val, motorongeluk, aanranding of deur 'n voorwerp wat skade aan die brein veroorsaak. 'n Traumatiese breinbesering is 'n algemene oorsaak van dood en gestremdheid by jong volwassenes met gevolge wat wissel van fisiese gestremdhede tot langtermyn kognitiewe, gedrags-, sielkundige en sosiale versteurings. Baie jong volwassenes met TBB keer terug huis toe om by hul gesinne te woon, met iemand in die gesin wat dan die versorger word. Hierdie versorgers is gewoonlik onkundig oor die toestand van die jong volwassene met TBB en ervaar stres, hulpeloosheid en onsekerheid oor hul ril as versorger. Versorgers voel geïsoleer, gefrustreerd en moedeloos. Daarom is dit van kardinale belang dat versorgers weet waar om toegang tot die nodige dienste, ondersteuning, opvoeding en praktiese wenke te kry. Die doel van hierdie studie was om die uitdagings en behoeftes van versorgers van jong volwassenes met TBB te ondersoek en te beskryf en dienooreenkomstig 'n raamwerk daar te stel vir 'n ondersteuningsprogram vir versorgers van jong volwassenes met TBB. Bronfenbrenner se ekologiese sisteemteorie is die teoretiese raamwerk wat hierdie kwalitatiewe studie onderlê het, met die fokus op faktore binne die mikro-, tegno-, meso-, ekso-, makro- en chronosisteme wat die versorger van die jong volwassene met TBB beïnvloed het. Die kwalitatiewe studie het die veelvuldige gevallestudie ontwerp benut om data deur middel van fokusgroep-, individuele- en aanlyn onderhoude in te samel. ‘n Onderhoudskedule het die onderhoude gelei tesame met die stemopnames van onderhoude met die toestemming van die deelnemers, om data insameling te versterk. Die deelnemers is deur middle van doelgerigte en sneeubal steekproefnemingstegnieke geselekteer en volgens seleksiekriteria geselekteer. Die data is getranskribeer en geanaliseer, wat verskeie temas en subtemas gegenereer het. Die temas kon verbind word met die mikro-, tegno-, meso-, ekso-, makro- en kronostelsel van Bronfenbrenner se ekologiese sisteemteorie. Die temas is met onderhoud aanhalings en literatuur gestaaf en sluit in: uitdagings van die versorger van 'n jong volwassene met TBB, behoeftes van die versorger van 'n jong volwassene met TBB, ondersteuning vir versorgers, veranderinge in jong volwassenes met TBB, die impak op die gesin, die impak van die gemeenskap en 'n ondersteuningsprogram vir versorgers. Met hierdie studie is bevind dat die versorger se rol ‘n reeks uitdagings ingesluit het, naamlik swak fisiese gesondheid, lewenstylveranderinge en uitdagings met betrekking tot finansies, sosiale en gesinslewe. Versorgers se stemme het 'n behoefte aan ondersteuning gereflekteer. Die studie het bygedra deur ‘n raamwerk te ontwikkel vir 'n ondersteuningsprogram vir versorgers van jong volwassenes met TBB, met die fokus op inligting oor TBB, die impak op die jong volwassene, hul daaglikse aktiwiteite en die psigososiale implikasies vir die gesin. Praktiese inligting en hulpbronne vir versorgers van jong volwassenes met TBB in die Suid-Afrikaanse konteks is voorsien.en_US
dc.description.availabilityUnrestricteden_US
dc.description.degreePhD (Humanities)en_US
dc.description.departmentSocial Work and Criminologyen_US
dc.identifier.citation*en_US
dc.identifier.doi10.25403/UPresearchdata.22147349en_US
dc.identifier.otherA2023en_US
dc.identifier.urihttps://repository.up.ac.za/handle/2263/89795
dc.publisherUniversity of Pretoria
dc.rights© 2022 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.
dc.subjectUCTDen_US
dc.subjectUitdagingsen_US
dc.subjectBehoeftesen_US
dc.subjectJong volwassenenesen_US
dc.subjectVersorgersen_US
dc.subjectBronfenbrenner se sisteemvlakkeen_US
dc.titleDie uitdagings en behoeftes van versorgers van jong volwassenes met traumatiese breinbesering (TBB) : ‘n ondersteuningsprogram raamwerken_US
dc.typeThesisen_US

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Erasmus_Uitdagings_2022.pdf
Size:
13.71 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Thesis

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.75 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: