The objective of providing debt relief to over-indebted consumers and the interpretation of section 85 of the National Credit Act; Firstrand Bank Ltd v Govender [2014]

Loading...
Thumbnail Image

Authors

Roestoff, Melanie

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

LexisNexis

Abstract

Artikel 85 van die “National Credit Act” bied aan verbruikers die geleentheid om skuldverligting ingevolge die Wet te bekom selfs nadat kredietgewer met stappe vir skuldafdwinging begin het. Ingevolge artikel 85 mag hof in enige hofverrigtinge waar kredietooreenkoms oorweeg word en dit beweer word dat die verbruiker skuldoortrokke is, die aangeleentheid na skuldberader verwys ten einde aanbeveling aan die hof met betrekking tot die moontlike herstrukturering van die verbruiker se skuldverpligtinge ingevolge die kredietooreenkoms te maak. In die alternatief mag sodanige hof self die verbruiker skuldoortrokke verklaar en bevel vir die herstrukturering van die verbruiker se skuldverpligtinge verleen. Firstrand Bank v Govender is een van verskeie beslissings waar die hof in aansoek om summiere vonnis geweier het om sy diskresie ingevolge artikel 85 ten gunste van die verbruiker uit te oefen. Sodoende het die hof die verbruiker van sy laaste geleentheid om die beskerming en skuldverligting ingevolge die Wet te bekom, ontneem. In teenstelling met die Insolvensiewet wat nie daarop gemik is om skuldverligting aan verbruikers te bied nie, is een van die hoofdoelwitte van die Wet juis om verbruikers te beskerm deur vir skuldverligtingsprosedures voorsiening te maak. Die vraag ontstaan dus in watter mate hierdie feit die uitleg van artikel 85 raak en die doel van hierdie vonnisbespreking is derhalwe om die beslissing in Govender in die lig van hierdie kewessie te ontleed en te evalueer. Die outeur se gevolgtrekking is dat ons howe se skuldeiser-geörienteerde benadering tot die uitleg van artikel 85 nie met die grondliggende doelwit van die Wet om verbruikers se belange te beskerm en te bevorder, strook nie en dat die howe daarteen moet waak om verbruikers onredelik van hul geleentheid om die skuldverligting ingevolge artikel 85 te bekom, te ontneem.

Description

Keywords

Debt relief, Skuldverligting, Consumers, Verbruikers, Section 85 of the National Credit Act

Sustainable Development Goals

Citation

Roestoff, M 2015, 'The objective of providing debt relief to over-indebted consumers and the interpretation of section 85 of the National Credit Act; Firstrand Bank Ltd v Govender [2014]', Journal of Contemporary Roman Dutch Law / Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, no. 78, no. 4, pp. 694-711.