'n Opleidingsprogram vir voornemende pleegouers (Afrikaans)

dc.contributor.advisorJoubert, J.M.C.en
dc.contributor.emailupetd@up.ac.zaen
dc.contributor.postgraduateFourie, Charmaineen
dc.date.accessioned2013-09-07T10:30:46Z
dc.date.available2008-08-20en
dc.date.available2013-09-07T10:30:46Z
dc.date.created2008-04-21en
dc.date.issued2008-08-20en
dc.date.submitted2008-08-08en
dc.descriptionThesis (DPhil)--University of Pretoria, 2008.en
dc.description.abstractMisdade wat gemik is teen kinders veroorsaak tans ‘n nasionale krisis wat geïllustreer word deur die feit dat daar ‘n toename in die mishandeling en verwaarlosing van kinders is. Al hoe meer kinders word ook wees gelaat na die afsterwe van hul biologiese ouers weens MIV/VIGS-verwante siektes. Dit bring mee dat daar ‘n geweldige toename in pleegsorgplasings in Suid-Afrika is. Welsynsorganisasies beskik egter nie oor ‘n resente opleidingsprogram wat daarop gemik is om voornemende pleegouers op pleegsorg voor te berei nie. Die doel van die studie het behels om ‘n opleidingsprogram vir voornemende pleegouers te ontwikkel, te implementeer en empiries te toets. Die doelwitte wat gestel is om die doel te bereik was om ‘n opleidingsprogram vir voornemende pleegouers te ontwikkel, die program by voornemende pleegouers te toets en om die impak van die program waar te neem deur die resultate van ‘n voor- en natoets te vergelyk. Die inhoud van die opleidingsprogram wat vir die studie ontwikkel is, is beskryf. Gevolglik is van beskrywende navorsing gebruik gemaak. Hierdie studie het berus op die volgende hipotese: Indien voornemende pleegouers hierdie opleidingsprogram deurloop het, sal die voornemende pleegouers se kennis rakende die omvang, wetlike implikasies, verwagtinge, motiewe, verantwoordelikhede en pligte ten opsigte van pleegsorg, en die profiel van die pleegkind verbeter. Die empiriese resultate van die studie het die hipotese as waar bewys.‘n Kwantitatiewe enkelstelselontwerp, is die benadering wat gevolg is. Data is ingesamel met behulp van ‘n vraelys wat tydens ‘n voor- en natoets benut is. Altesaam 53 respondente (ouer as 20 jaar) bestaande uit getroude pare en enkellopendes wat gedurende die tydperk Februarie tot Junie 2006, by die Ondersteuningsraad van Pretoria as voornemende pleegouers aangemeld het, is by die studie betrek. Die 53 respondente is in drie groepe ingedeel. Drie opleidingsessies met elk van die drie groepe is onderneem. Rothman en Thomas se model vir intervensienavorsing is benut om die opleidingsprogram vir voornemende pleegouers te ontwikkel. Die model bestaan uit ses fases, waarvan die eerste vyf fases in die studie benut is. Tydens die eerste fase is die probleem ontleed; in die tweede fase is teoretiese inligting versamel en deelnemers by die studie betrek; by die derde en vierde fases, is die opleidingsprogram tentatief ontwerp en getoets om leemtes te identifiseer. Daarna is die program volledig geïmplementeer en die impak daarvan empiries getoets. Die kwantitatiewe data (voor- en natoets) is met behulp van ‘n selfontwerpte vraelys ingesamel. Die vraelys is benut om inligting aangaande die respondente se kennis van pleegsorg te verkry. Individuele telefoniese onderhoude is een maand na afloop van die implementering van die program met die respondente gevoer om addisionele inligting te kry. Die resultate van die voor- en natoets het getoon dat die opleidingsprogram suksesvol was. Die respondente wat by die studie betrek is, het ‘n verbetering getoon ten opsigte van hul kennis van pleegsorg. Na die evaluering van die opleidingsprogram, is ‘n samevatting van die vernaamste bevindings, en gevolgtrekkings vir die ondersoek in geheel, aangebied. Aanbevelings is gemaak en is temas vir verdere navorsing geïdentifiseer.en
dc.description.availabilityunrestricteden
dc.description.departmentSocial Work and Criminologyen
dc.identifier.citationa 2007 D462en
dc.identifier.other/gmen
dc.identifier.upetdurlhttp://upetd.up.ac.za/thesis/available/etd-08082008-135318/en
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/2263/27100
dc.language.isoen
dc.publisherUniversity of Pretoriaen_ZA
dc.rights© University of Pretoria 2007 D462 /en
dc.subjectPleegsorgbeleiden
dc.subjectFoster care policyen
dc.subjectOpleidingsprogramen
dc.subjectPleegouersen
dc.subjectFoster parentsen
dc.subjectFamily re-unification servicesen
dc.subjectGesinsherenigingsdiensteen
dc.subjectChildren's acten
dc.subjectPleegsorgtoesigdiensteen
dc.subjectFoster care supervision servicesen
dc.subjectKinderweten
dc.subjectTraining programmeen
dc.subjectWet 38 van 2005en
dc.subjectAct 38 of 2005en
dc.subjectPleegkinden
dc.subjectFoster careen
dc.subjectPleegsorgen
dc.subjectSystems theoryen
dc.subjectChild in need of careen
dc.subjectSisteemtoerieen
dc.subjectFoster childen
dc.subjectSorgbehoewende kinden
dc.subjectUCTDen_US
dc.title'n Opleidingsprogram vir voornemende pleegouers (Afrikaans)en
dc.typeThesisen

Files

Original bundle

Now showing 1 - 5 of 11
Loading...
Thumbnail Image
Name:
00front.pdf
Size:
204.91 KB
Format:
Adobe Portable Document Format
Loading...
Thumbnail Image
Name:
01chapter1.pdf
Size:
242.38 KB
Format:
Adobe Portable Document Format
Loading...
Thumbnail Image
Name:
02chapter2.pdf
Size:
234.04 KB
Format:
Adobe Portable Document Format
Loading...
Thumbnail Image
Name:
03chapter3.pdf
Size:
301.58 KB
Format:
Adobe Portable Document Format
Loading...
Thumbnail Image
Name:
04chapter4.pdf
Size:
243.35 KB
Format:
Adobe Portable Document Format