Teologiekroniek : die kerk en ekonomiese globalisering

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

De Villiers, D.E. (Dawid Etienne)

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

Faculty of Theology, University of Pretoria

Abstract

Die kerk kan die huidige debat oor ekonomiese globalisering nie ignoreer nie. Die debat het nie net te doen met die suiwer ekonomiese vraag of dit die mees effektiewe ekonomiese stelsel is waaroor ons tans beskik nie. Dit gaan ook oor die morele vraag of dit bydra tot groter geregtigheid in die wereld en of dit eerder groter ekonomiese ongelykheid en armoede bevorder. En dit gaan ook oor die vraag wat die taak van die kerk is ten aansien van ekonomiese globalisering en die uitwerking daarvan. Dit is onmoontlik om in hierdie kroniek volledige antwoorde op hierdie twee vrae te kry. Daar word eerder aanvoorwerk gedoen vir 'n deeglike en omvattende kerklike debat oor ekonomiese globalisering. Eers word probeer om vas te stel wat ekonomiese globalisering is en wat die faktore is wat daartoe bygedra het. Daarna word aandag gegee aan die uitwerking van ekonomiese globalisering. Ten slotte word verskillende vlakke onderskei waarop die kerk betrokke sou kon raak om die negatiewe uitwerking van ekonomiese globalisering te verlig.

Description

Keywords

Economic globalization

Sustainable Development Goals

Citation

De Villiers, DE 2001, 'Teologiekroniek - Die kerk en ekonomiese globalisering', Verbum et Ecclesia, vol. 22, no. 2, pp. 465-477. [http://www.journals.co.za/ej/ejour_verbum.html]