"Call me names", but does ugly make me hateful? The unjustifiable restriction on freedom of expression under the pretence of combatting hate speech. Qwelane v SAHRC & Others (686/2018) [2019] ZASCA 67

Loading...
Thumbnail Image

Authors

Malan, Jacobus J. (Koos)
Grobbelaar-Du Plessis, IIze

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

LexisNexis

Abstract

Die Hoogste Hof van Appel het op 29 November 2019 in die saak van Qwelane v SAHRC & Others (686/2018) [2019] ZASCA 67 artikel 10 van die Wet op die Bevordering van Gelykheid en die Voorkoming van Onbillike Diskriminasie (PEPUDA) ongrondwetlik verklaar, synde strydig met artikel 16, meer bepaald artikel 16(2)(c) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996. Die uitspraak spruit voort nit 'n artikel van John Qwelane in die Sunday Sun van 20 Julie 2008, waarin hy skerp teen homoseksuele mense te velde getrek het. Dele van Qwelane se artikel is in 'n laer hof as haatspraak kragtens artikel 10 van PEPUDA besou. Di6 hof het in die saak ook Qwelane se aanval op die grondwetlikheid van die artikel verwerp. In hoer beroep het die Hoogste Hof van Appel hierdie uitspraak ter syde gestel en in 'n eenparige uitspraak beslis dat artikel 10 van PEPUDA teen artikel 16 van die Grondwet indruis, aangesien dit in etlike opsigte uitdrukking verbied wat deur die Grondwet toegelaat word. Die Hof het die wetgewer agtien maande gegun om regstellende wetgewing aan te neem. Tot tyd en wyl dit gebeur, het die Hof 'n tussentydse bewoording gelas, wat finaal sal word indien die wetgewer versuim om die vereiste verbeterde wetgewing aan te neem. Die uitspraak word verwelkom vanweB die beperking wat artikel 10 van PEPUDA op die grondwetlike reg op vrye uitdrukking meebring, veral teen die agtergrond van 'n groeiende tendens in Suid- Afrika om juis vryheid van uitdrukking te verskraal, soos dit onder andere blyk nit die huidige Prevention and Combating of Hate Crimes and Hate Speech Bill. Dis te hope dat die Grondwetlike Hof die Hoogste Hof van Appel se bevel sal bekragtig.

Description

Keywords

Call me names, Ugly, Hateful, Noem my name, Lelik, Haatdraend

Sustainable Development Goals

Citation

Malan, K. & Grobbelaar-Du Plessis, I. 2020, 'Call me names", but does ugly make me hateful? The unjustifiable restriction on freedom of expression under the pretence of combatting hate speech. Qwelane v SAHRC & Others (686/2018) [2019] ZASCA 67', Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg / Journal of Contemporary Roman Dutch Law, vol. 83, no. 2, pp. 284-293.