Adverse pre-trial publicity and the presumption of innocence under South African law

Loading...
Thumbnail Image

Authors

Broughton, David Whitefield Melvyn
Carstens, Pieter Albert, 1960-

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

LexisNexis

Abstract

Voorverhoorpublisiteit rakende 'n hangende strafsaak, welke publisiteit in die vorm van of mediadekking van die saak, of 'n voorafgaande beslissing in parallelle geregtelikevernigtinge (wat uit wesenlik dieselfde feite as die strafsaak voortspruit) kan voorkom, mag tot die beskuldigde se nadeel wees. Sodanige mediadekking of bevindings in 'n parallelle geregtelike uitspraak mag die beskuldigde in die pleging van 'n misdryf, waarop hy of sy teregstaan, impliseer. Die publisiteit mag suggereer dat die beskuldigde aan die misdaad waarop hy teregstaan "skuldig" is of dat hy of sy van swak inbors is en 'n geneigdheid het om misdaad te pleeg. In 'n aansoek om 'n permanente interdik teen vervolging, deur Beskuldigde 5 in S v Prinsloo (beter bekend as die "Krion" saak) gebring, is daar beweer dat ongunstige bevindings en opmerkings teen die beskuldigdes in vroeere uitsprake in parallelle siviele verrigtinge, welke verrigtinge nit wesenlik dieselfde feite as die hangende strafsaak voortgespruit het, sowel as 'n persverklaring deur die Hoogste Hof van Appel ten opsigte van een van sodanige beslissings, die beskuldigdes se grondwetlike reg om onskuldig geag te word geskend het. In hierdie verband is daar namens Beskuldigde 5 aangevoer dat voormelde bevindings en opmerkings kriminele optrede aan die beskuldigdes toegedig het wat op hul beurt die waardigheid, goeie naam en reputasie van die beskuldigdes ondermyn en 'n "vermoede van skuld" daar gestel het. Die strafhof sou gevolglik, so lui die argument, by die aanvang van die verhoor die skuld van die beskuldigdes veronderstel het of die verhoor begin het met 'n vooropgestelde mening dat die beskuldigdes die misdade waarvoor hulle aangekla was gepleeg het. In hierdie artikel word die vraag of ongunstige voorverhoorpublisiteit, in welke vorm ook al, enige impak op die vermoede van onskuld, soos grondwetlik en ingevolge die gemenereg van Suid-Afrika uitgele of vertolk, kan he ondersoek. Die artikel oorweeg verder of die mantra wat gereeld deur verdagtes uitgespreek word, naamlik, "Ek is onskuldig tot ek skuldig bewys is", 'n akkurate weerspieeling van die vermoede van onskuld is.

Description

This article is based on the first author's doctoral thesis titled: "An analysis of pre-trial publicity and the accused's right to a fair trial: A deconstruction of the Krion case" (LLD thesis UP 2019). The thesis was completed under supervision of the second author. (http://hdl. handle.net/2263/69977)

Keywords

Pre-trial publicity, Innoncence, South African law, Voorverhoorpublisiteit, Onskuld, Suid-Afrikaanse reg

Sustainable Development Goals

Citation

Broghton, D.W.M. & Carstens, P.A. 2020, 'Adverse pre-trial publicity and the presumption of innocence under South African law', Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg / Journal of Contemporary Roman Dutch Law, vol. 83, no. 2, pp. 23-47.