Historiese korrektheid en historiese fiksie : 'n respons
Loading...
Date
Authors
Burger, Willie
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Tydskrif vir Letterkunde Assosiasie
Abstract
In this article the relationship between history and fiction is examined in response to the historian, Fransjohan Pretorius’s criticism
of recent Afrikaans fiction about the Anglo-Boer War in Tydskrif vir Letterkunde 52.2 (2015). The intricate relationship between
history and fiction is examined by pointing, on the one hand to the problematic of the relationship between history and the past
and on the one hand, to the difference between fiction and history. The function of aesthetic illusion, verisimilitude and
conceptions of reference is investigated theoretically before turning to the specific novels that Pretorius discusses. The article shows
that historical fiction cannot be restricted to novelized versions of accepted history, but that historical fiction also reminds the
reader that the past is always culturally mediated and that the primary aim of novels is not to represent the past but to examine
aspects of human existence. A comparison between fiction and history can therefore not be used as a norm to assess novels.
In sy artikel, “Historisiteit van resente historiese fiksie oor die Anglo-Boereoorlog in Afrikaans”, sluit die bekende historikus, Fransjohan Pretorius (2015), aan by die soort vrae wat dikwels deur lesers van historiese fiksie gevra word, naamlik: “Het dit regtig só gebeur?”, “Is dít hoe dit werklik was?” Hierdie vrae is geldig en dit is ook gepas dat ’n historikus derglike vrae oor romans waarin historiese gebeurtenisse beskryf word, ondersoek. Pretorius dui noukeurig aan waar verskeie onlangse romans afwyk van die aanvaarde historiese feite oor die Anglo-Boereoorlog. Hy wys byvoorbeeld daarop dat sommige gebeurtenisse wat in die romans beskryf word, “foutief” is omdat die datum waarop dit plaasvind nie met historiese bronne klop nie of omdat anachronismes in die beskrywings voorkom soos dat karakters in die fiksieteks mekaar deur Mauserrook aankyk, terwyl Mausers in der waarheid nie rook gemaak het nie. Ander gebeurtenisse of optredes deur historiese figure wat in die fiksietekste voorkom word weer deur Pretorius as “moontlik, maar hoogs uitsonderlik” beskryf.

Description
Keywords
Aesthetic illusion, Historical fiction, History fiction, Verisimilitude, Historisiteit van resente, Historiese fiksie, Anglo-Boereoorlog, Historikus derglike vrae
Sustainable Development Goals
Citation
Burger, W 2015, 'Historiese korrektheid en historiese fiksie : 'n respons', Tydskrif vir Letterkunde, vol. 52, no. 2, pp. 78-98.