In search of sentencing guidelines for child rape : an analysis of case law and minimum sentence legislation

Loading...
Thumbnail Image

Authors

Van der Merwe, Annette

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

LexisNexis

Abstract

Kinderverkragting is ’n emosiebelaaide misdryf wat die howe toenemend tydens ’n komplekse vonnisfase moet hanteer. Die hof moet in elke geval bepaal of dwingende en wesenlike omstandighede aanwesig is (artikel 51(3)(a) van die Strafregwysigingswet 105 van 1997) om sodoende ’n afwyking van die voorgeskrewe vonnis van lewenslange gevangenisstraf te regverdig. Alhoewel regterlike diskresie beskryf word as ’n kritiese aspek in die Suid-Afrikaanse reg, is ook bevind dat regterlike diskresie soms aanleiding gee tot onaanvaarbare en onregverdigbare verskille ten opsigte van sowel die vonnisproses as die opgelegde vonnis. Faktore wat hiertoe aanleiding gee, is onder andere die uiteenlopende benaderings van die regbank tydens die vonnisproses ten aansien van die erns van die misdaad en die bevinding en uitleg van tersaaklike versagtende en verswarende omstandighede. Hierdie artikel ontleed en konsolideer riglyne in die regspraak, minimumvonniswetgewing en geselekteerde buitelandse reg. Die doel is om toeganklike riglyne ten aansien van die vonnisproses te verskaf om sodoende by te dra tot ’n groter eenvormigheid in regterlike benadering in die bepaling van die erns van kinderverkragting asook die opweging van faktore vir die bevinding van dwingende en wesenlike omstandighede.

Description

Keywords

Sentencing guidelines, Child rape

Sustainable Development Goals

Citation

Van der Merwe, A 2008, 'In search of sentencing guidelines for child rape : an analysis of case law and minimum sentence legislation', Journal of Contemporary Roman Dutch Law/Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, vol. 71, pp. 589-602. [www.lexisnexis.co.za]