Waarom sou Prinsloo relevant wees vir 'n jonger geslag?

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Cochrane, Neil

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

Tydskrif vir Letterkunde Assosiasie

Abstract

Koos Prinsloo (1957-1994) was weens verskeie redes 'n omstrede figuur wat 'n aantal literêre grense verskuif het. Hy was 'n Afrikaanse kortverhaalskrywer van eerstes - die eerste om die skeidslyn tussen feit en fiksie radikaal te ondermyn, die eerste om etiese kodes rakende privaatheid, vriendskap en kollegialiteit in sy werk te verontagsaam, die eerste om die donker en brutale kant van homoseksuele identiteit oop te vlek, die eerste om in al sy vorme te wys "... hoe hard die liefde tussen mans moet wees", die eerste om raak verbande tussen patriargale mag, politieke geweld en seksualiteit te lê en die eerste om vigs as tema in sy werk te ontgin. Oor hierdie en ander vernuwende aspekte in sy werk is reeds in enkele navorsingstudies berig waarvan die belangrikste seker Riana Scheepers se Koos Prinsloo: Die skrywer en sy geskryfdes (1998) is.

Description

Keywords

Sustainable Development Goals

Citation

Cochrane, N 2009, 'Waarom sou Prinsloo relevant wees vir 'n jonger geslag?', Tydskrif vir Letterkunde, vol. 46, no. 1, pp. 224-227. [http://www.letterkunde.up.ac.za/]