Realist evolutionary functionalism and extra-constitutional grounds for developing the common law of delict : a critical analysis of Heroldt v Wills 2013 2 SA 530 (GSJ)
Loading...
Date
Authors
Zitzke, Emile
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LexisNexis
Abstract
In Heroldt v Wills is die gemenereg ontwikkel om aan te pas by die veranderende
behoeftes van die samelewing. Meer spesifiek het die applikant in hierdie geval daarin
geslaag om J interdik te verkry om die respondent te dwing om lasterlike materiaal aangaande
die applikant vanaf Facebook te verwyder. In hierdie artikel word die uiteindelike
beslissing ondersteun maar twee aspekte van die uitspraak word geproblematiseer. Eerstens
problematiseer die skrywer die evolusionêre funksionalistiese benadering (soos wat die
Amerikaanse regsrealiste die begrip beskryf) wat die hof hier toepas. Die uitspraak weerspieël
J evolusionêre funksionalistiese benadering in die sin dat die hof van mening is dat
die reg moet aanpas volgens die funksionele behoeftes van die samelewing om sekerheid
en stabiliteit in die gees van tegnologiese veranderings, gemeenregtelike suiwerheid en
regsdoeltreffendheid te verseker. Hierdie benadering word in hierdie artikel as problematies
beskryf omdat dit die indruk skep dat die gemenereg op J onkontroversiële manier
ontwikkel kan word in die rigting van J voorafbepaalde (deterministiese) evolusionêre
baan waar politiese spannings tussen verskillende regsbelange geen rol speel nie. Tweedens
problematiseer die skrywer die feit dat die Grondwet nie in hierdie uitspraak J substantiewe
ideologiese rol in die gemeenregtelike ontwikkeling gespeel het nie. Om met
hierdie probleem om te gaan word die vraag gestel of daar wel ekstra-grondwetlike
gronde is waarvolgens die gemenereg ontwikkel kan word en, indien daar wel so J grond
bestaan, wat die verhouding tussen daardie grond en die Grondwet is of behoort te wees.
Hierdie vrae word beantwoord deur J historiografiese studie van die gronde vir die
gemeenregtelike ontwikkeling in die Suid-Afrikaanse konteks. Daarna word J kritiese
ontleding van Heroldt aangepak waarin daar geargumenteer word dat die beslissing in
Heroldt J sterker fokus op die Grondwet moes gehad het sodat J kritiese benadering tot
die ontwikkeling van die gemenereg toegepas kon word.
Description
Keywords
Common law of delict, Gemeenregtelike deliktereg, Realist evolutionary functionalism, Regsrealistiese evolusionere funksionalism, Extra-constitutional grounds, Ekstra-grondwetlike gronde
Sustainable Development Goals
Citation
Zitztke, E 2016, 'Realist evolutionary functionalism and extra-constitutional grounds for developing the common law of delict : a critical analysis of Heroldt v Wills 2013 2 SA 530 (GSJ)', Journal of Contemporary Roman Dutch Law / Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, vol. 79, no. 1, pp. 103-120.