Hein Willemse : teen die grein / against the grain
Loading...
Date
Authors
Van Niekerk, Jacomien (Jacomina)
Van Wyk, Steward
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Tydskrif vir Letterkunde Assosiasie
Abstract
Die kernfeite rondom Heinrich Stephen Samuel Willemse is in die openbare
domein. Hy is op 18 September 1957 op Ladismith in die destydse Kaapprovinsie
gebore en gaan skool op Mosselbaai en daarna Worcester, waar hy aan die
Hoërskool Esselenpark matrikuleer. Hy studeer voorgraads regte aan die
Universiteit van Wes-Kaapland, maar behaal sy meestersgraad in die Afrikaanse
letterkunde in 1984 en sy D.Litt in 1996 (ook aan die UWK). In 1981 publiseer hy
’n digbundel, Angsland, en in 1985 is hy ’n besoeker by die Universiteit van Iowa
in Amerika se program in kreatiewe skryfkunde. Benewens sy betrekking as
lektor by UWK is hy oor die jare gasdosent aan onder andere die Universiteite
van Mexico, Namibië, Fort Hare en Stellenbosch.
Description
Keywords
Heinrich Stephen Samuel Willemse, Mosselbaai, Worcester, Universiteit van Wes-Kaapland
Sustainable Development Goals
Citation
Van Niekerk, J. & Van Wyk, S. 2022, 'Hein Willemse : teen die grein / against the grain', Tydskrif vir Letterkunde, vol. 59, no. 3, pp. 1-11, doi : 10.17159/tl.v59i3.14341.