Die plantekologie van Richardsbaai, Natal

Loading...
Thumbnail Image

Authors

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

University of Pretoria

Abstract

Afrikaans: Die studie het as doel gehad 'n beskrywing en ontleding van die plantegroei van Richardsbaai, 'n bepaling van die invloed van die omgewing op die plantegroei en n vergelyking van die Richardsbaaiwoude met die van Mapelana en Sibayi. Die samestelling van die plantegroei is met behulp van die puntkwadrantmetode ondersoek. Plantegroei-sonering is deur middel van lyntransekte bepaal. Afbakening van die woudgemeenskappe is met behulp van n toepassing van die puntkwadrantmetode uitgevoer. Die klimaat is subtropies. Reenval, lugvogtigheid en temperatuur is hoog. plantegroei uit. Soutmis oefen n belangrike invloed op die Easies kan twee habitattipes onderskei word, naamlik duinen vlakteveld, en moerasveld. ·nie substraat van eersgenoemde bestaan hoofsaaklik uit sand, terwyl dit by laasgenoemde varieer van sand tot klei. Die soutgehalte van die substraat wissel aansienlik by die verskillende plekke. Die plantegroei van die mere en waterstrome is relatief eenvoudig en die opvallendste kruide is Cyperus papyrus en spesies van Potamogeton en Nymphaea. Belangrike oewerboomsoorte is Barringtonia racemosa, Ficus hippopotami en K• sycomorus. In die moerasse is Phragmites australis dominant oar groat gebiede. Ander belangrike kruidsoorte is Typha latifolia subsp. capensis, Mariscus riparius en .Qyperus-spp. Die belangrikste soorte van die moeraswoud is Barringtonia racemosa, Syzygium cordatum, Cassipourea gummiflua var. verticillata, Sapium ellipticum, Avicennia marina en Bruguiera gymnorrhiza. Op die strand en voorduine word die plantegroei sterk deur soutmis beinvloed en word dit deur Scaevola thunbergli, Passerina rigida, Eugenia capensis, Brachylaena discolor, Mimusops caffra en Strelitzia nicolai oorheers. Op die agterduine is Cymbopogon validus, Stipagrostis zeyheri subsp. barbata, Imperata cylindrica en Aristida junciformis die algemeenste kruidsoorte, terwyl Acacia karroo, Mimusops caffra, Celtis africana en Allophylus natalensis die mees opvallende boomsoorte verteenwoordig. Die vlaktegrasveld word oorheers deur Aristida junciformis, Cymbopogon validus en Trachypogon spicatus. Van die woudplantegroei is Strelitzia nicolai, Acacia karroo, Manilkara discolor en Sideroxylon inerme die dominante soorte. In vergelyking met bogenoemde woudplantegroei is Diospyros natalensis, Celtis africana, Strychnos. madagascariensis, Linociera peglerae en Ziziphus mucronata die belangrikste duinwoudsoorte by Mapelana. In die duinwoud by Sibayi is Ziziphus mucronata, Diospyros inhacaensis, Mimusops caffra, Apodytes dimidiata, Ptaeroxylon obliguum en Croton gratissimus die oorheersende soorte. n Indeksiteratiewe ordening van die kruidagtige moerasplantegroei het aangetoon dat Phragmite australis en Pycreus polystachyos die laagste ekologiese statusse het, terwyl Ischaemum arcuatum en FimbristyliE complanata die hoogste statusse het. In die kruidplantegroei van die duin- en vlaktegebied is Stipagrostis zeyheri subsp. barbata die spesie met die laagste status, terwyl Eragrostis capensis die klimaksspesie verteenwoordig. Acacia karroo het die laagste status in die duin- en vlaktewoude. Ziziphus mucronata, Diospyros inhacaensis, Teclea gerrardii en Drypetes natalensis daarenteen, besit die hoogste ekologiese statusse in die woudplantegroei. 'n Meer-dimensionele ordening van stande volgens die hoofkomponente-ontledingsmetode het aangetoon dat daar n duidelike verskil is in die verspreidingsentrums van die spesies wat by die ordening ingesluit is. Die spesies met die hoogste ekologiese status en oak die met die laagste status het oar die algemeen relatief beperkte verspreidingspatrone, wat dui op 'n nouer ekologiese amplitude vir hierdie spesies. Die meerderheid van die ander soorte wat by die ordening ingesluit is, het wyer verspreidingspatrone, dit wil se wyer ekologiese amplitudes. Van die grondfaktore getoets vir korrelasie met die plantegroei toon onder andere weerstand, natriumchloried, stikstof, pH, kalsium, magnesium en klei positiewe regressies met die verspreiding van sekere plantsoorte. Die floristiese ontleding toon aan dat die Gramineae, Compositae, Leguminosae en Cyperaceae die belangrikste families is in die Richardsbaaise gebied.

Description

Thesis (DSc (Botany))--University of Pretoria, 1972.

Keywords

UCTD, Vegetation of Richards Bay, Zonation, Plant ecology

Sustainable Development Goals

Citation

*