n Ontogenetiese studie van die vrug en saad van Sclerocarya birrea (A. Rich.) Hochst. subspesie caffra (Sond.) Kokwaro

Please be advised that the site will be down for maintenance on Sunday, September 1, 2024, from 08:00 to 18:00, and again on Monday, September 2, 2024, from 08:00 to 09:00. We apologize for any inconvenience this may cause.

Show simple item record

dc.contributor.advisor Robbertse, P.J. (Petrus Johannes), 1932-
dc.contributor.coadvisor Reyneke, W. F.
dc.contributor.postgraduate Van der Merwe, Estelle
dc.date.accessioned 2022-05-17T11:21:25Z
dc.date.available 2022-05-17T11:21:25Z
dc.date.created 2021/10/11
dc.date.issued 1984
dc.description Dissertation (MSc)--University of Pretoria, 1984.
dc.description.abstract Sclerocarya birrea (Rich.) Hochst. subspesie caffra (Sand.) Kokwaro, of die maroelaboom, soos dit algemeen bekend is, behoort aan die plantfamilie Anacardiaceae. Die maroela is ‘n eenslagtige, bladwisselende, groat boom (15 tot 20m hoog) met enkelveervormig-saamgestelde, blink blougroen blare. By manlike borne word die gesteelde manlike blomme in laterale trosse gedra en die blomme is tetrameries. Die gesteelde vroulike blomme van die vroulike borne word enkel of in groepe van drie aan die punte van die takke gedra. Daar kom 17 tot 22 meeldrade in die manlike blom voor en die helmknoppe is basifiks met helmdrade wat aan hul basisse verdik is. Wandvorming van die stuifmeelsakkies is volgens die basiese tipe, maar geen tipiese endotekium kom voor nie. ~ Klieragtige tapetum kom random die mikrospoormoederselle voor. Deur gelyktydige deling van die mikrospoormoederselle word tetrahediese tetrades gevorm. Die stuifmeelkorrels is sfaries, monaad, apoler en trikolporaat. Die helmhokke gaan deur lengtesplete oop en stel die stuifmeelkorrels waarskynlik in die tweeselstadium vry. Die vroulike blomme het stami1odiums wat slegs ontwikkel tot op ‘n stadium wanneer die saadknoppe megaspoormoederselle bevat en die helmknoppe mikrospoormoederselle bevat. Hierna sterf hulle af. Die vrugbeginsel is bostandig en twee- tot driehokkig met twee tot drie baie kart stempels en style. In elke vrughok kom slegs een anatropiese saadknop voor. Die volwasse saadknop is bitegmies en krassinuseller met ‘n funikulere arillus en ‘n koppievormige hipostase. ‘n Monosporiese, Polygonum- tipe embriosak word uit die chalasale megaspoor van die liniere triade megaspore gevorm. Behalwe die geslagtelike embrio's kom adventiewe embrionie en poli-embrionie oak voor. Die saadlobbe is baie dik en vlesig. Die endosperm is aanvanklik nukleer, later selluler en word uiteindelik opgebruik deur die ontwikkelende embrio. Gedurende die ontwikkeling van die saad vul die embrio die embriosak en die oorblyfsels van die nusellus vorm 'n stoorweefsel, die perisperm. Die tests word deur die buitenste integument en die binneste integument se binneste epiderm.is gevorm. Die volwasse vrug is h steenvrug met h leeragtige, taai eksokarp. Die eetbare mesokarp het ‘n verfrissende soetsuur smaak en die endokarp vorm ‘n harde, ondeurdringbare steenlaag wat die beskermende funksie van die testa oorneem. Die klein vruggies is rooipers en verkleur donkergroen; die jong vrugte word ligter tydens rypwording totdat hulle liggroen is en afval. Op die grand verkleur die vrugte geel en word uiteindelik bruin.
dc.description.availability Unrestricted
dc.description.degree MSc
dc.description.department Plant Science
dc.identifier.citation *
dc.identifier.uri https://repository.up.ac.za/handle/2263/85450
dc.language.iso af
dc.publisher University of Pretoria
dc.rights © 2020 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.
dc.subject UCTD
dc.subject Ontogenetiese studie
dc.subject vrug en saad van Sclerocarya birrea
dc.title n Ontogenetiese studie van die vrug en saad van Sclerocarya birrea (A. Rich.) Hochst. subspesie caffra (Sond.) Kokwaro
dc.type Dissertation


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record