Abstract:
Sclerocarya birrea (Rich.) Hochst. subspesie caffra (Sand.) Kokwaro, of die maroelaboom, soos dit algemeen bekend is, behoort aan die plantfamilie Anacardiaceae. Die maroela is ‘n eenslagtige, bladwisselende, groat boom (15 tot 20m hoog) met enkelveervormig-saamgestelde, blink blougroen blare. By manlike borne word die gesteelde manlike blomme in laterale trosse gedra en die blomme is tetrameries. Die gesteelde vroulike blomme van die vroulike borne word enkel of in groepe van drie aan die punte van die takke gedra. Daar kom 17 tot 22 meeldrade in die manlike blom voor en die helmknoppe is basifiks met helmdrade wat aan hul basisse verdik is. Wandvorming van die stuifmeelsakkies is volgens die basiese tipe, maar geen tipiese endotekium kom voor nie. ~ Klieragtige tapetum kom random die mikrospoormoederselle voor. Deur gelyktydige deling van die mikrospoormoederselle word tetrahediese tetrades gevorm. Die stuifmeelkorrels is sfaries, monaad, apoler en trikolporaat. Die helmhokke gaan deur lengtesplete oop en stel die stuifmeelkorrels waarskynlik in die tweeselstadium vry. Die vroulike blomme het stami1odiums wat slegs ontwikkel tot op ‘n stadium wanneer die saadknoppe megaspoormoederselle bevat en die helmknoppe mikrospoormoederselle bevat. Hierna sterf hulle af. Die vrugbeginsel is bostandig en twee- tot driehokkig met twee tot drie baie kart stempels en style. In elke vrughok kom slegs een anatropiese saadknop voor. Die volwasse saadknop is bitegmies en krassinuseller met ‘n funikulere arillus en ‘n koppievormige hipostase. ‘n Monosporiese, Polygonum- tipe embriosak word uit die chalasale megaspoor van die liniere triade megaspore gevorm. Behalwe die geslagtelike embrio's kom adventiewe embrionie en poli-embrionie oak voor. Die saadlobbe is baie dik en vlesig. Die endosperm is aanvanklik nukleer, later selluler en word uiteindelik opgebruik deur die ontwikkelende embrio. Gedurende die ontwikkeling van die saad vul die embrio die embriosak en die oorblyfsels van die nusellus vorm 'n stoorweefsel, die perisperm. Die tests word deur die buitenste integument en die binneste integument se binneste epiderm.is gevorm. Die volwasse vrug is h steenvrug met h leeragtige, taai eksokarp. Die eetbare mesokarp het ‘n verfrissende soetsuur smaak en die endokarp vorm ‘n harde, ondeurdringbare steenlaag wat die beskermende funksie van die testa oorneem. Die klein vruggies is rooipers en verkleur donkergroen; die jong vrugte word ligter tydens rypwording totdat hulle liggroen is en afval. Op die grand verkleur die vrugte geel en word uiteindelik bruin.