’n Kognitief-semiotiese verkenning van multimodale metafore in Filmverse I en II

Show simple item record

dc.contributor.advisor Bosman, Nerina
dc.contributor.postgraduate Van der Merwe, Llina Jonetta
dc.date.accessioned 2022-02-10T11:56:21Z
dc.date.available 2022-02-10T11:56:21Z
dc.date.created 2022
dc.date.issued 2022-02-09
dc.description Thesis (PhD)--University of Pretoria, 2022. en_ZA
dc.description.abstract ʼn Kognitief-semiotiese verkenning van multimodale metafore in Filmverse I en II Visuele kunstenaars, uitvoerende kunstenaars en literêre kunstenaars inspireer mekaar oor die eeue heen. Hierdie oeroue verbintenis vanweë wedersydse inspirasie kan beskou word as ’n tipe vertaling, transponering en ondersoek na dieper betekenis. Die geanimeerde poësiefilm as ’n vorm van ’n vertaling van die woordteks na ’n beeldteks, kan benader word as ’n hibriede, transdissiplinêre en multimodale kunsvorm wat die poësie en film met mekaar verbind. Die draai van die millennium het ’n toename in die belangstelling in die ondersoek van multimodale kommunikasie met betrekking tot die onderskeie semiotiese modusse teweeggebring. Forceville (2015) is van mening dat animasiefilms ideaal is vir die ondersoek van beeldskemas wat op multimodale metafore betrekking het. Geanimeerde poësiefilms bied ʼn vrugbare ontdekkingsveld onder andere vir die verkenning van multimodale metafore juis omdat ʼn ryk verskeidenheid van betekenisskeppende modusse betrek word. Nie net word verskeie bron- en doeldomeine in verbale taal betrek nie, maar ook diesulke domeine betreffende nieverbale kommunikasie, klanke en musiek vorm onweerlegbaar ʼn komplekse netwerk waardeur betekenis geskep word. Die keuse van die poësiefilm as toepassingsdomein stel in die vooruitsig dat kennis ontwikkel word met betrekking tot multimodale metafore en poog om op grond van ʼn ontleding van multimodale metafore in geselekteerde animasies in Filmverse I (2014) en Filmverse II (2016) ’n model voor te stel vir sodanige ontleding. en_ZA
dc.description.availability Unrestricted en_ZA
dc.description.degree PhD en_ZA
dc.description.department Afrikaans en_ZA
dc.identifier.citation * en_ZA
dc.identifier.other A2022 en_ZA
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/83782
dc.language.iso Afrikaans en_ZA
dc.publisher University of Pretoria
dc.rights © 2022 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.
dc.subject UCTD en_ZA
dc.subject Afrikaans en_ZA
dc.title ’n Kognitief-semiotiese verkenning van multimodale metafore in Filmverse I en II en_ZA
dc.type Thesis en_ZA


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record