Please note that UPSpace will be offline from Sunday, 11 May 2025 at 20:00 until Monday, 12 May 2025 at 05:30 (SAST). We apologise for any inconvenience caused by this.
 

"Sophie's choice" : HIV and ICU access during COVID-19

Loading...
Thumbnail Image

Authors

Nienaber, A.G. (Annelize Gertruida)

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

LexisNexis

Abstract

Die beperking van toegang tot skaars mediese sorg is 'n alledaagse realiteit in 'n land soos Suid-Afrika. Wanneer daar 'n pandemie soos COVID-19 uitbreek, is dit onvermydelik dat daar beperkings geplaas sal word op skaars mediese hulpbronne soos intensiewe-sorgeenhede. Sulke rantsoenering is 'n gegewe regoor die wereld, selfs in beter-toegeruste lande. In Suid-Afrika, waar die pandemie reeds meer as 'n honderd lewens geeis het, is dit belangrik dat kriteria daargestel sal word om toegang tot kritiese hulpbronne vir soveel as moontlike slagoffers van die pandemie te verseker. Die aantekening ondersoek die moontlikheid dat MIV-status 'n rol kan speel in besluitneming oor wie toegang tot intensiewesorgeenhede sal verkry. Daar bestaan literatuur wat aandui dat, selfs voor die COVID-19-pandemie, mense wat met MIV saamleef, geneig was om aan die kortste end te trek waar pasiente se toegang tot intensiewesorgeenhede gerantsoeneer moes word. Daar word aangevoer dat mediese kriteria alleen, en nie 'n veronderstelling dat mense wat met MIV saamleef 'n swakker kans het op oorlewing, gebruik moet word om toegang tot intensiewesorgeenhede regverdiglik te rantsoeneer. Die huidige stand van mediese kennis met betrekking tot verskillende groepe mense se vatbaarheid, en kanse op oorlewing, word gebruik as die agtergrond van 'n grondwetlike analise om hierdie argument te staaf.

Description

Keywords

COVID-19 pandemic, Coronavirus disease 2019 (COVID-19), Human immunodeficiency virus (HIV), South Africa (SA), Suid-Afrika (SA), Menslike immuniteitsgebreksvirus (MIV), ICU access, Intensiewesorgeenheid-toegang

Sustainable Development Goals

Citation

Nienaber, A. 2020, '"Sophie's Choice": MIV en intensiewesorgeenheid-toegang gedurende Covid-19', Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg / Journal of Contemporary Roman Dutch Law, vol. 83, no. 2, pp. 237-244.