The assessor system as a procedural safeguard in the face of adverse pre-trial publicity

Show simple item record

dc.contributor.author Broughton David W.M.
dc.contributor.author Carstens, Pieter Albert, 1960-
dc.date.accessioned 2021-11-19T05:04:06Z
dc.date.available 2021-11-19T05:04:06Z
dc.date.issued 2020-05
dc.description This article stems from the first author's doctoral thesis An analysis of pre-trial publicity and the accused's right to a fair trial: A deconstruction of the Krion case (UP 2019). The thesis was completed under supervision of the second author. (http://hdl.handle.net/2263/69977) en_ZA
dc.description.abstract Voorverhoorpublisiteit rakende 'n hangende strafsaak, welke publisiteit in die vorm van of mediadekking van die saak of 'n voorafgaande beslissing in parallelle geregtelike verrigtinge (wat uit wesenlik dieselfde feite as die strafsaak voortspruit) kan voorkom, mag tot die beskuldigde se nadeel wees. Sodanige mediadekking of bevindings in 'n parallelle geregtelike uitspraak mag die beskuldigde in die pleging van 'n misdryf, waarop hy of sy teregstaan, impliseer. Die publisiteit mag suggereer dat die beskuldigde "skuldig" is aan die misdaad waarop hy of sy teregstaan of van swak inbors is en 'n geneigdheid het om misdaad te pleeg. Daarteenoor mag voorverhoorpublisiteit die beskuldigde as onskuldig aan enige strafregtelike oortreding voorstel. In sodanige gevalle ontstaan die vraag of daar 'n daadwerklike of wesenlike risiko is dat sodanige publisiteit die onpartydige beregting van die strafsaak wesenlik sal beinvloed of skaad; anders gestel: of die publisiteit waarskynlik 'n klimaat van vooroordeel in die beregtingsproses of uitslag van die saak by die verhoorhof mag teweegbring en daardeur die grondwetlike reg op 'n billike verhoor sal skaad. In die Suid-Afrikaanse reg kan voorsittende regters en landdroste strafverhore met of sonder assessore bereg. Die gebruik van assessore het ten doel om gemeenskapsdeelname aan die beregtingsproses te bevorder. Daar is derhalwe al geargumenteer dat assessore, in besonder leke-assessore in die landdroshowe, meer geneig sal wees om onbehoorlik deur ongunstige voorverhoorpublisiteit beinvloed te word as wat die geval sou wees met opgeleide regsprekende beamptes. In hierdie artikel word daar egter aangevoer dat, aangesien die assessore tydens die beregtingsproses met die voorsittende beampte oorleg pleeg, dit tot verbeterde beregting kan lei deur 'n breer uitkyk op die feite ('n sogenaamde "enlargement of mind"). Sodanige interaksie en beredenering wat plaasvind tussen die voorsittende beampte en die assessore kan ook groter deursigtigheid in die beregtingsproses teweegbring of bevorder deur die ontbloting en uitskakeling van ontoelaatbare faktore in die regsbeslissing, soos byvoorbeeld voorverhoorpublisiteit of ander vooroordele. In hierdie verband ontleed die artikel die werking van die assessorestelsel in die Suid-Afrikaanse reg en verduidelik waarom besonder-ernstige strafsake wat uitgebreide voorverhoorpublisiteit voortbring, in die Hooggeregshof met assessore bereg behoort te word. en_ZA
dc.description.department Public Law en_ZA
dc.description.librarian am2021 en_ZA
dc.description.uri http://www.lexisnexis.co.za en_ZA
dc.identifier.citation Broughton, D.W.M. & Carstens, P.A. 2020, 'The assessor system as a procedural safeguard in the face of adverse pre-trial publicity', Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg / Journal of Contemporary Roman Dutch Law, vol. 83, no. 2, pp. 186-202. en_ZA
dc.identifier.issn 1682-4490
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/82740
dc.language.iso en en_ZA
dc.publisher LexisNexis en_ZA
dc.rights LexisNexis en_ZA
dc.subject Assessor system en_ZA
dc.subject Procedural safeguard en_ZA
dc.subject Adverse pre-trial publicity en_ZA
dc.subject Assessorestelsel en_ZA
dc.subject Prosedurele beskermingsmaatreel en_ZA
dc.subject Ongunstige voorverhoorpublisiteit en_ZA
dc.title The assessor system as a procedural safeguard in the face of adverse pre-trial publicity en_ZA
dc.title.alternative Assessorestelsel as 'n prosedurele beskermingsmaatreel te midde van ongunstige voorverhoorpublisiteit en_ZA
dc.type Article en_ZA


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record