Majoritarianism, consultation, fairness and dismissal : are the courts confusing these principles?

Loading...
Thumbnail Image

Authors

Botha, Monray Marsellus
Fourie, Elmarie

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

LexisNexis

Abstract

Die werksverhouding tussen werkgewer en werknemer is 'n ongelyke een. Hierdie ongelyke magsverhouding tussen die partye word aangespreek deur die organisasie van werkers in vakbonde asook kollektiewe bedinging. Een van die doelstellings van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995 is om 'n raamwerk daar te stel waarbinne werknemers en hul vakbonde kollektief kan beding oor lone, werksomstandighede en onder andere diensvoorwaardes. Die artikel behels 'n bespreking van die beslissing van die Grondwetlike Hof in Association of Mineworkers and Construction Union v Royal Bafokeng Platinum Limited (2020) 41 ILJ 555 (CC). Belangrike aangeleenthede wat bloot as obiter dicta in die uitsprake geopper is, word krities oorweeg. Die artikel ondersoek die rol van die meerderheidsbeginsel tydens kollektiewe bedinging vir byvoorbeeld hoer lone en tydens oorlegpleging wanneer die werkgewer beoog om werknemers te ontslaan. Die rol van vakbonde tydens hierdie onderhandelinge word ook ondersoek, veral ten opsigte van werknemers wat onverteenwoordig is of di6 wat aan 'n vakbond behoort wat die minderheid van die werknemers verteenwoordig. Verder word die rol van artikel 36 oorweeg, sowel as die inperking van regte soos die reg op gelykheid en menswaardigheid van lede van minderheidsvakbonde. Die meerderheidsbeginsel vervul ongetwyfeld 'n rol ten tye van kollektiewe bedinging, maar tydens 'n konsultasieproses wat aanleiding kan gee tot die ontslag van werkers moet die billikheidsbeginsel voorkeur geniet.

Description

Keywords

Majoritarianism, Consultation, Dismissal, Meerderheidsbeginsel, Raadpleging, Ontslag

Sustainable Development Goals

Citation

Botha, M.M. & Fourie, E. 2020, 'Majoritarianism, consultation, fairness and dismissal : are the courts confusing these principles?', Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg / Journal of Contemporary Roman Dutch Law, vol. 83, no. 2, pp. 383-400.