Narrowing the reach of the strict product liability provisions in section 61 of the Consumer Protection Act 68 of 2008 in view of Eskom Holdings Ltd v Halstead-Cleak 2017 1 SA 333 (SCA)

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Van Heerden, C.M. (Corlia)
Barnard, Jacolien

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

LexisNexis

Abstract

Die fokus van hierdie bydrae is op sekere aspekte van die produkte-aanspreeklikheidsbepalings vervat in artikel 61 van die Wet op Verbruikersbeskerming 68 van 2008. Dit sluit spesifiek persone in wat ingevolge die Wet locus standi het om bevoegde instansies te nader om regshulp waar nadeel of skade opgedoen is as gevolg van onveilige en defektiewe produkte. Die geskiktheid van regshulp en remedies in die konteks van produkte-aanspreeklikheid moet onder andere deur die prisma van die trefwydte van die betrokke produkte-aanspreeklikheidsregime beskou word. Dit is belangrik om te bepaal wie 'n produkte-aanspreeklikheidseis kan instel en dit is deurslaggewend by die bepaling van die vraag of die betrokke produkte-aanspreeklikheidsregime effektief is en behoorlike beskerming bied. Die bydrae ondersoek die oënskynlike streng produkteaanspreeklikheidsregime wat deur die Wet op Verbruikersbeskerming ingestel is, wat insluit die aanspreeklikheid (al dan nie) van al die verskaffers in die verskaffingsketting asook die tipes skade wat by produkte-aanspreeklikheid in hierdie verband ingesluit word. Vir sover 'n persoon egter kwalifiseer om 'n eiser in 'n produkte-aanspreeklikheidsaak te wees, blyk dit dat die wetgewer (opsetlik of onopsetlik) die omvang van die bepalings van artikel 61 van die Wet in hierdie verband teenstrydig met die doel van die Wet beperk het. Hierdie kwessie is onlangs in die eerste produkte-aanspreeklikheidsaak ingevolge die Wet in Eskom Holdings Ltd v Halstead-Cleak aangespreek en vorm deel van die kritiese analise van die bydrae.

Description

Keywords

Consumer Protection Act 68 of 2008 (CPA), Eskom Holdings Ltd, Halstead-Cleak, Wet op Verbruikersbeskerming 68 van 2008 (WVB)

Sustainable Development Goals

Citation

Van Heerden, CM & Barnard, J 2019, 'Narrowing the reach of the strict product liability provisions in section 61 of the Consumer Protection Act 68 of 2008 in view of Eskom Holdings Ltd v Halstead-Cleak 2017 1 SA 333 (SCA)', Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg / Journal of Contemporary Roman Dutch Law, vol. 82, pp. 444-465.