Max-Neef en die strukturele kwesbaarheid van dagloners in Mbombela en Emalahleni, Suid-Afrika

Loading...
Thumbnail Image

Authors

Schenck, Rinie
Blaauw, Derick
Matthee, Marianne

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

Suid Afrikaanse Akademie vir Wetenskap and Kuns

Abstract

Binne die konteks van die groterwordende werkloosheid en armoede in Suid-Afrika is dit belangrik om die kwesbaarheid van persone wat ʼn lewe probeer maak in die informele sektor te bepaal, sodat ondersteunende beleid en strukture in plek gestel kan word. Die doel van die artikel was om die strukturele kwesbaarheid van dagloners te ondersoek deur ʼn vergelyking te tref tussen twee gevallestudies. Dagloners in Emalahleni, ʼn sosiaal-ekonomies kwynende myngemeenskap, en die meer sosiaal-ekonomies stabiele hoofstad Mbombela, in die provinsie Mpumalanga in Suid-Afrika, is hiervoor gebruik. Honderd-en-tien (110) vraelyste is voltooi met dagloners in die twee stede, die data is ontleed en die resultate met mekaar vergelyk. Max-Neef se fundamentele menslike behoefte (FMB)-matriks is gebruik om die multidimensionele analises te maak, te orden en te beskryf. Die resultate het duidelik aangedui dat die dagloners in Emalahleni meer struktureel kwesbaar is as die dagloners in Mbombela, met minder ondersteuningsisteme tot hul beskikking. Maatskaplike diensprofessies sal ernstige aandag daaraan moet skenk om veiligheidsnette te ontwikkel vir werkloses, beleid te formuleer wat werks- en inkomstemoontlikhede kan open en gesindhede en perspektiewe te verander van diegene wat hul bestaan in die informele sektor maak.

Description

Keywords

Dagloners, Werkloosheid, Strukturele kwesbaarheid, Sosiale geregtigheid, Fundamentele menslike behoeftes, Suid-Afrika (SA)

Sustainable Development Goals

Citation

Schenck, R., Blaauw, D. & Matthee, M. 2020, 'Max-Neef en die strukturele kwesbaarheid van dagloners in Mbombela en Emalahleni, Suid-Afrika', Tydskrif vir Geesteswetenskappe, vol. 60, no. 1, pp. 142-163.