Disability discrimination in insurance
Loading...
Date
Authors
Kuschke, Birgit
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Pretoria University Law Press
Abstract
Diskriminasie in die finansiële sektore soos versekering word nie alledaags
onder die loep geneem nie. Die een industrie waarin daar daagliks teen
persone gediskrimineer word, is versekering. Versekeringsmaatskappye
groepeer versekerdes in verskillende risikogroepe volgens hulle risikoprofiele.
Die omvang van risiko word meestal volgens die groep se
algemene of gemiddelde kenmerke bereken. Versekerdes wat nie
noodwendigerwys dieselfde risiko as ander lede van die groep inhou nie,
word hierdeur benadeel deurdat hulle hoër premies betaal of verminderde
dekking of voordele geniet. Die optrede deur die versekeraar stel prys-,
transaksie- en statistiese diskriminasie daar. Dikwels oorvleuel die gronde
vir ’n bepaalde groepering met verbode gronde van diskriminasie soos
onder andere in die Grondwet uiteengesit. Faktore wat die meeste ter
sprake kom, is gestremdheid, ouderdom, en geslag. Die ongeregverdigde
diskriminasie affekteer die versekerde se regte op gelykheid en
waardigheid.
Description
Keywords
Gestremdheidsdiskriminasie, Versekering, Disability discrimination, Insurance
Sustainable Development Goals
Citation
Kuschke, B. ‘Disability discrimination in insurance’ 2018 De Jure 50-64
http://dx.DOI.org/ 10.17159/2225-7160/2018/v51n1a4.