Browsing Engineering, Built Environment and Information Technology by Title

Browsing Engineering, Built Environment and Information Technology by Title

Sort by: Order: Results:

  • Swanepoel, Rosa (2005-11)
    Poskoetse, vervaardigers, eienaars, hul roetes en ondervindings word bespreek. 'n Probleem met die verkleuring van water word ook aangeraak.
  • Swanepoel, Rosa (2005-11)
    Die Register van Lidmate van die Hervormde Kerk, SAVK-Jaarkongres, navrae oor die Rebeccastraat Begraafplaas, Landmeter Walker, en die skildery "The Deserted Village" (H.F. Gros) word bespreek.
  • Swanepoel, Rosa (2006-01)
    Die lewens van drie Portugese Casimiro Simoens, J. Albasini en B.P. Pereira, en die implikasies van huwelike met "vreemdelinge" word bespreek.
  • Swanepoel, Rosa (2006-02)
    Na aanleiding van die foto van Pretoria word o.a. Grand International Hotel, apteke, en winkels bespreek.
  • Swanepoel, Rosa (2006-03)
    Die waterverfskildery, "Kerkplein Pretoria", en brokkies inligting uit die munisipale notules word bespreek.
  • Swanepoel, Rosa (2006-04)
    Aan die hand van die skildery "Pretoria, the Capital of the Transvaal" word interessante inligting rondom Meintjeskop bespreek soos; die oorsprong, as ontspanningsterrein, die konsentrasiekamp en perdehospitaal.
  • Swanepoel, Rosa (2006-05)
    Terugvoer oor die vorige brief rakende Meintjieskop, insluitende Mzilikazi se kraal en die konsentrasiekamp (Donkiekamp) word gegee. 'n Versoek om meer inligting oor die Stiemensfamilie word deurgegee.
  • Swanepoel, Rosa (2006-06)
    Die familiegeskiedenis van Eerwaarde Alfred Roberts, hoof van die seunskool en sy vrou Edda, word bespreek, asook die rugbyspan van Pretoria. 'n Brief van Paul Els wat navorsing doen oor Thaba Tshwane word ingesluit.
  • Swanepoel, Rosa (2006-07)
    Die speel van rugby op kerkplein en die betekenis van Time Ball Hill [nou Salvokop] asook die Posmeestergeneraal J.A. de Vogel word bespreek.
  • Swanepoel, Rosa (2006-08)
    Kommentaar rakende die spelling van "De Volksstem", die speel van rugby of sokker en die Time Ball Hill [nou Salvokop] word hanteer. Tekeninge van Pretoria deur Wangemann of Prozesky word bespreek.
  • Swanepoel, Rosa (2006-09)
    Die briefwisseling met Freda Green oor skets van die vlagpaal by Time Ball Hill en die moontlike kunstenaar word bespreek. Dokumentasie oor die Pretoriase Eeufees 1855-1955 asook die oudste Skoenfirma (H du Bruyn) en die ...
  • Swanepoel, Rosa (2006-10)
    Herman Rex se verhandeling word bespreek insluitend Boomstraat se bome, kerkgelde wat betaal moes word, die eerste kaart van Pretoria, fonteine in Pretoriusstraat, geskiedenis van die naam van Pretoria, die Kerk op Kerkplein, ...
  • Swanepoel, Rosa (2006-11)
    Nuusbrokkies uit De Volkstem word bespreek, insluitend die stig van 'n museum en biblioteek asook die anneksasie van Transvaal deur Lord Shepstone.
  • Swanepoel, Rosa (2006-12)
    Besprekings in dié nuusbrief handel o.a. oor De Bruyn Skoenwinkel, die stigting van die drie susterkerke, die doopregister van die kerk op Kerkplein,'n lys van ou kaarte van Pretoria en die tronk en konsentrasiekamp teen ...
  • Swanepoel, Rosa; Van Niekerk, Karlien (2007-01)
    Bespreking van 'n vroee waterverfskildery van ou Pretoria, vermoedelik 'n kopie van een wat Marianne Churchill van 'n skildery in Fredrick Reid se huis gemaak het. Dit kan die oudste afbeelding van Pretoria wees.
  • Swanepoel, Rosa; Van Niekerk, Karlien (2007-02)
    Bespreking van die Ou Raadsaal se klokke en hoe hulle sou gelui het, asook 'n kabelbaken wat die posisie van die telefoonkabel se aansluitkas in Kerkstraat-Wes aangedui het. Meer inligting oor die Prince Christian Memorial ...
  • Swanepoel, Rosa; Van Niekerk, Karlien (2007-03)
    Bespreking van die geskiedenis van Voortrekkerhoogte (nou Thaba Tshwane) en die geboue wat daar opgerig is.
  • Swanepoel, Rosa; Van Niekerk, Karlien (2007-04)
    Bespreking van die erfnommers om en naby Kerkplein, en die besighede en winkels wat op die erwe bedryf is.
  • Swanepoel, Rosa; Van Niekerk, Karlien (2007-05)
    Bespreking van 'n diefstal wat by die ou kruitmagasyn in Pretoria plaasgevind het. Die brief sluit verskeie nuusbrokkies in wat in 1877 in De Volksstem gepubliseer is.
  • Swanepoel, Rosa (2007-06)
    Die nuusbrief handel oor die drie Zeiler broers en hul winkel, hul betrokkenheid by aktiwiteite in Pretoria met die ontdekking van goud en as personeel by die landroskantoor.