Criminal liability requirements of the new broad-based black economic empowerment (B-BBEE) statutory fronting offence

Show simple item record

dc.contributor.author Gerber, Gideon Adolf
dc.contributor.author Curlewis, Llewelyn Gray
dc.date.accessioned 2019-05-30T13:19:49Z
dc.date.available 2019-05-30T13:19:49Z
dc.date.issued 2018
dc.description.abstract Die implementering van regsraamwerk en -beleid in 2004 om ekonomiese bemagtiging in Suid Afrika vir swart mense te bevorder, is gedoen in lyn met die voorskrifte van die Grondwet, 1996 om gelykheid te bevorder en armoede te beveg. Die implementeringsraamwerk en -beleid maak voorsiening vir besighede om deur vrywillige deelname hulle bydrae tot transformasie-aktiwiteite te laat meet en daarvolgens gegradeer te word. Sodanige gradering hou voordeel in vir besighede om meer kompeterend te wees vir die doen van besigheid met die staat, staatsondernemings en ander groot korporatiewe instellings. Ongelukkig het verskeie besighede hulle gewend tot oneerlike transaksies wat skyn van transformasie skep waar die besigheid inderdaad die kompeterende voordeel ontvang, maar die transaksie inderwaarheid net “front” of voordoening is. Pogings van die owerhede om die praktyke hok te slaan as opsetlike wanvoorstellings ooreenkomstig die gemeenregtelike misdryf, bedrog, was nie suksesvol nie. Dit het ook duidelik geword dat ongewenste transaksies en praktyke wat besighede onregverdige voordeel verskaf toenemend gesofistikeerd en ingewikkeld raak. Weens die stadige pas van transformasie is die bemagtigingsbeleid in 2013 hersien met die afkondiging van gewysigde metingsdoelwit asook die implementering van wetswysiging in die vorm van die Breë Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging Wysigingswet 46 van 2013 wat op 24 Oktober 2014 in werking getree het. Weens die hoër vereistes wat die nuwe bemagtigingsraamwerk stel, veral die oordrewe fokus op swart eienaarskap gekoppel aan die feit dat strafregtelike vervolging vir wanvoorstelling in die verlede onsuksesvol was, het die wetgewer ongewenste praktyk waarna as “front praktyk” in die wet verwys word gekriminaliseer met hoë boetes en vonnisse. Statutêre liggaam in die vorm van SEB Kommissie is ook ingestel met wye magte om nakoming te verseker, ondersoeke van stapel te stuur, persone te ondervra en dokumente te subpoena. Kommentators het vanuit die staanspoor die omskrywing van die “front praktyk”-misdryf as wyd en vaag beskou. en_ZA
dc.description.department Mercantile Law en_ZA
dc.description.librarian am2019 en_ZA
dc.description.uri http://www.lexisnexis.co.za en_ZA
dc.identifier.citation Gerber, G.A. & Curlewis, L.G. 2018, 'Criminal liability requirements of the new broad-based black economic empowerment (B-BBEE) statutory fronting offence', Journal of Contemporary Roman Dutch Law / Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, vol. 81, pp. 355-373. en_ZA
dc.identifier.issn 1682-4490
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/69249
dc.language.iso en en_ZA
dc.publisher LexisNexis en_ZA
dc.rights LexisNexis en_ZA
dc.subject Criminal en_ZA
dc.subject Fronting offence en_ZA
dc.subject Strafregtelike en_ZA
dc.subject Broad-based black economic empowerment (B-BBEE) en_ZA
dc.subject Swart ekonomiese bemagtiging (SEB) en_ZA
dc.subject Front misdryf en_ZA
dc.title Criminal liability requirements of the new broad-based black economic empowerment (B-BBEE) statutory fronting offence en_ZA
dc.title.alternative Strafregtelike aanspreeklikheidsvereistes van die nuwe bree basis swart ekonomiese bemagtiging (SEB) statutêre “front” misdryf en_ZA
dc.type Article en_ZA


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record