Abstract:
Daar is eenvormigheid in die empiriese bevindings van die sosiale wetenskap dat die
meeste mense eenvoudig nie baie goed vaar om uit ander se gedrag te oordeel of hulle
oneerlik is al dan nie, alhoewel die meeste mense baie selfvertroue het in hulle vermoë om
akkurate oordeel te kan vel oor ander se eerlikheid op grond van hulle gedrag. Hierdie
beskikbare wetenskaplike navorsingsdata het meestal ongemerk by die reg en regspleging
verby gegaan. Alhoewel Suid-Afrikaanse appèlhowe gesonde skeptisisme toon ten opsigte
van die akkuraatheid van sogenaamde “gedragsgetuienis”, is dit feit dat dit steeds
erkenning geniet as vorm van getuienis in die Suid-Afrikaanse reg. Dit is hoog tyd dat
die reg kennis neem, en die absurdheid bevestig, van regsbeginsel wat so blindelings
berus op fundamentele wanopvatting oor menslike gedrag.