n ondersoek na die loopbaangeleenthede van korrektiewe beamptes : 'n werknemerhulpprogramperspektief

Show simple item record

dc.contributor.advisor Terblanche, Lourie
dc.contributor.postgraduate Van Wyk, Albert Andre
dc.date.accessioned 2019-04-04T10:16:50Z
dc.date.available 2019-04-04T10:16:50Z
dc.date.created 2002
dc.date.issued 2002
dc.description Dissertation (MSD (SW))--University of Pretoria, 2002.
dc.description.abstract Korrektiewe á beamptes (Graad 1) bevind hulle teen 'n glasplafon wat loopbaanvordering betref. Afgesien van die feit dat korrektiewe beamptes daagliks in moeilike omstandighede werk, het die vooruitsig van beperkte loopbaangeleenthede ook 'n invloed op die werksbevrediging, werksprestasie en persoonlike lewens van korrektiewe beamptes. 'n Volledige literatuurstudie is uitgevoer ten einde die betekenis van werk- en loopbaanontwikkeling te ondersoek. Die literatuurstudie het gevolg op 'n empiriese ondersoek. 'n Vraelys, bestaande uit twee afdelings, is gebruik om respondente se menings oor beperkte loopbaangeleenthede in die Departement Korrektiewe Dienste te ondersoek. Respondente vir die studie is op 'n proporsioneel-gestratifiseerde wyse geselekteer, naamlik die populasie wat afgebaken is tot korrektiewe beamptes wat werksaam is te Pretoria Sentraalgevangenes. Die studie is onderneem met die doel om te bepaal wat korrektiewe beamptes se belewenis van loopbaangeleenthede in die Depatrtement Korrektiewe Dienste is. Alhoewel daar verskeie redes bestaan hoekom mense werk, is dit duidelik dat mense nie slegs vir finansiele gewin werk nie, maar ook die verwagting koester om 'n loopbaan te bou waar die individu kan groei en ontwikkel. Daar bestaan altyd verwagtings om te vorder in 'n loopbaan. Waar loopbaanvordering verhoed word, lei dit dikwels tot verminderde werksprestasie en -bevrediging, laer kwaliteit werkslewe en 'n moontlike impak op die gesinslewe van die werknemer. Bevindings uit die studie wys duidelik daarop dat korrektiewe beamptes van mening is dat hulle beperkte loopbaangeleenthede in die Departement Korrektiewe Dienste ervaar. Die belewenis van beperkte loopbaangeleenthede, het 'n invloed op die korrektiewe beampte se werksbevrediging en -prestasie, asook die kwaliteit van sy werk- en gesinslewe. Gevolgtrekkings en aanbevelings is gemaak op grond van die empiriese bevindings. Die navorser hoop die gevolgtrekkings en bevindings mag van waarde wees en het 'n aandeel in die verbetering van die werkslewe en loopbaangeleenthede van die korrektiewe beampte.
dc.description.abstract Correctional Officers (Grade 1) find themselves against a glass ceiling in terms of career progress. In spite of the fact that correctional officers are working under difficult circumstances, limited career prospects too, have an influence on their job satisfaction, work performance and personal lives. A complete literature study was conducted in order to explore the meaning of work and career development. Following the literature study the researcher utilized a questionnaire consisting of two sections as part of an empirical investigation, in order to establish respondent's views on the influence of limited career prospects. Respondents for the study were selected according to the randomized stratified sampling method in the population which was restricted to correctional officers working in Pretoria Central Prison. The goal of the study is to explore the perceptions of correctional officers regarding career prospects in the Department of Correctional Services. Although financial gain is the most important reason for working, people also have expectations to build a career and to grow and develop in their careers. Expectations to exceed in a career is normal. When career progress is prevented in one way or another, it can lead to a decrease in job performance and satisfaction, the deterioration of a quality work life and can influence the family life of the employee. The study concluded that correctional officers have the perception that limited career prospects exist in the Department of Correctional Services. The experience of limited career prospects has a negative influence on the job satisfaction, work performance, quality of work life and personal lives of correctional officers. Conclusions and recommendations are proposed according to the empirical findings. The researcher hopes that the conclusions and recommendations may contribute in a small way to the improvement of career prospects of correctional officers in the Department of Correctional Services.
dc.description.degree MSD (SW) EAP
dc.description.department Social Work and Criminology
dc.identifier.citation Van Wyk, AA 2002, n ondersoek na die loopbaangeleenthede van korrektiewe beamptes : 'n werknemerhulpprogramperspektief, MSD (SW) EAP Dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/68816>
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/68816
dc.language.iso Af
dc.publisher University of Pretoria
dc.rights © 2019 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.
dc.subject UCTD
dc.title n ondersoek na die loopbaangeleenthede van korrektiewe beamptes : 'n werknemerhulpprogramperspektief
dc.type Dissertation


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record