Uber drivers : sad to say, but not employees of uber SA
Loading...
Date
Authors
Van Eck, B.P.S. (Stefan)
Nemusimbori, Ndivhuwo Enerst
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LexisNexis
Abstract
“Uber” is wyse van vervoer wat wêreldwyd groot afmetings aanneem. Hierdie moderne verskynsel ondermyn gevestigde taxiondernemings in groot stede en regerings wend verskillende maatreëls aan om Uber te reguleer. In Duitsland, Spanje en China is dit byvoorbeeld verbied en in die Verenigde State van Amerika en in Engeland het die howe Uberbestuurders as “werknemers” bestempel. In Suid-Afrika het die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie hulle aanvanklik as werknemers beskou, maar in Uber South Africa Technology Services (Pty) Ltd v National Union of Public Service and Allied Workers het die Arbeidshof beslis dat hulle nie werknemers van Uber SA is nie. Hierdie bydrae bevraagteken die Arbeidshof se benadering. Uit grondwetlike hoek beskou, moes die hof internasionale regspraak oorweeg het; sou dit sin gemaak het om op die omskrywing van “werkgewer” ingevolge artikel 200B van die Wet op Arbeidsverhoudinge te steun; en moes breër grondwetlike benadering gevolg word deur diensverhoudings van die bestaan van formele kontrak te skei.
Description
Keywords
Uber drivers, Employees, Uber SA, Uberbestuurders, Werkenemers
Sustainable Development Goals
Citation
Van Eck, S. & Nesumbori, E. 2018, 'Uber drivers : sad to say, but not employees of Uber SA', Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg / Journal of Contemporary Roman Dutch Law, vol. 81, no. 3, pp. 473-483.