Die assessering en voorstelling van strategieë vir die belyning van Werknemerhulpprogramme (WHPs) met 'n ontwikkelingsgerigte maatskaplike welsynbenadering

Show simple item record

dc.contributor.advisor Terblanche, Lourie
dc.contributor.postgraduate Gründer, Ròan
dc.date.accessioned 2018-07-16T07:53:41Z
dc.date.available 2018-07-16T07:53:41Z
dc.date.created 2018/04/25
dc.date.issued 2017
dc.description Mini Dissertation (MSW)--University of Pretoria, 2017.
dc.description.abstract Die navorser het gepoog om strategieë te assesseer en voor te stel vir die belyning van Werknemerhulpprogramme (WHPs) met die ontwikkelingsgerigte maatskaplike welsynsbenadering. Die doelstelling van die studie was om die belyning van WHPs met die ontwikkelingsgerigte maatskaplike welsynsbenadering te ondersoek en te beskryf. Die oogmerk van die studie was om vas te stel of ‘n belyning tussen WHPs en die ontwikkelingsgerigte maatskaplike welsynsbenadering bestaan. Die doelstelling en doelwitte is bereik. Die literatuurstudie het getoon dat daar bykans geen navorsing oor die onderwerp bestaan nie. Die studie was kwantitatief, ondersoekend en beskrywend van aard deurdat die navorser gepoog het om die belyning tussen WHPs en ontwikkelingsgerigte maatskaplike welsyn te ondersoek en te beskryf. Die navorsingsvraelys was in elektroniese formaat en respondente het toegang tot die vraelys verkry deur middel van ‘n internet-skakel (link) wat per epos verskaf is. Die oorspronklike studie-populasie het die lede van EAPA-SA ingesluit. Weens veranderinge in die lidmaatskapvereistes van EAPA-SA en gevolglike veranderinge in die struktuur, het die teiken-populasie kleiner geword. Weens verdere administratiewe tekortkominge het die navorser uiteindelik slegs op die EAPA-SA se Vrystaat-tak gefokus vir respondente. Die bevindinge was dat WHP-personeel se kennis rakende die ontwikkelingsgerigte maatskaplike welsynsbenadering nie op standaard was nie. Alhoewel WHP-personeel se kennis van die benadering (volgens die vyf temas van ontwikkelingsgerigte maatskaplike welsyn) nie goed was nie, toon die data dat verskeie WHPs reeds besig is om gedeeltelik aan die beginsels daarvan te voldoen. Alhoewel die studie-populasie slegs ‘n klein aantal WHP-personeellede ingesluit het, is die navorser van mening dat die studie tog waardevolle inligting na vore gebring het ten einde WHP-personeel in Suid Afrika bewus te maak van die belyning van WHPs met die ontwikkelingsgerigte maatskaplike welsynsbenadering. Dit is belangrik dat WHP-personeel sal begryp dat hul dienste deel vorm van die ontwikkelingsgerigte maatskaplike welsynbenadering soos uiteengesit word in die Witskrif vir Maatskaplike Welsyn van 1997. Vir WHPs om meer vanuit ‘n ontwikkelingsgerigte maatskaplike welsynbenadering te funksioneer is dit van kardinale belang dat hul dienste binne die temas van ontwikkelingsgerigte maatskaplike welsyn se parameters moet val. Laastens, weens die feit dat die Witskrif vir Maatskaplike Welsyn van 1997 tans hersien word, sal dit nodig wees om in die toekoms verdere navorsing oor die onderwerp te onderneem.
dc.description.availability Unrestricted
dc.description.degree MSW
dc.description.department Social Work and Criminology
dc.identifier.citation Gründer, R 2017, Die assessering en voorstelling van strategieë vir die belyning van Werknemerhulpprogramme (WHPs) met 'n ontwikkelingsgerigte maatskaplike welsynbenadering, MSW Mini Dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/65556>
dc.identifier.other A2018
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/65556
dc.language.iso Af
dc.publisher University of Pretoria
dc.rights © 2018 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.
dc.subject UCTD
dc.title Die assessering en voorstelling van strategieë vir die belyning van Werknemerhulpprogramme (WHPs) met 'n ontwikkelingsgerigte maatskaplike welsynbenadering
dc.type Mini Dissertation


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record