Abstract:
Die Spar-saak handel oor verskeie aspekte van die bank/kliënt verhouding. Dit handel in
die besonder oor die eiendomsreg van fondse wat in bankrekening gedeponeer word,
die vraag of bank geregtig is om sodanige fondse by wyse van skuldvergelyking aan
te wend, asook sogenaamde kwasie-vindikatoriese aksie deur derde wat nie die
rekeninghouer is nie maar die fondse opeis wat in kliënt van die bank se rekening
gedeponeer is. Benewens enkele punte van verskil, word in breë trekke met die uitspraak
saamgestem. Die uitspraak word verwelkom aangesien dit basiese beginsels van die bankreg
uiteensit.