Die invloed van Nietzsche op enkele aspekte van Europese kuns voor 1937
Loading...
Date
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of Pretoria
Abstract
Die kontroverse en radikale aard van Nietzsche se denke is voortdurend teenwoordig as ‘n belangrike invloed in die ontwikkeling van die visuele kunste in die eerste helfte van hierdie eeu. Dit is egter ‘n studieveld waarin steeds besondere groot leemtes bestaan, gedeeltelik as gevolg van die negatiewe beeld van die filosoof wat ontstaan het in die propagandaprosesse van die tweede wêreldoorlog.
Hierdie studie bied 'n ondersoek van die ontwikkeling van Nietzsche se invloed op kuns. Eerstens word Nietzsche se kunsbeskouing ondersoek in die lig van die reaksie op sy werk in die visuele kunste. Hierna konsentreer die studie op die beskikbare getuies random die belangstelling in Nietzsche se denke, en die aard van sy invloed op die visuele kunste. Twee sentrale strominge word geidentifiseer in die ontwikkelingsgang van sy invloed, naamlik die benaderings tot Nietzsche in Duitse en Franse kuns. Die belangstelling in Nietszche in ander kunssentra word binne ‘n verband hiermee gebring. Die studie bied ‘n basis tot die uiteenlopende interpretasies van Nietzsche, en die ontplooiing van sy invloed op kuns, as 'n orientasiemodel tot verdere en meer spesifieke ondersoeke van hierdie invloed.
Description
Dissertation (MA)--University of Pretoria, 1988.
Keywords
UCTD
Sustainable Development Goals
Citation
Janse van Rensburg, H 1988, Die invloed van Nietzsche op enkele aspekte van Europese kuns voor 1937, MA Dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/59638>