Die Kaapse stoele : 'n studie van hulle herkoms met spesiale verwysing na die invloed van die Europese en Oosterse stoelvorms

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

University of Pretoria

Abstract

Die doel van die studie is om die herkoms van die Kaapse stoelontwerpe vanaf die laat 17de eeu tot die vroeë 19de eeu na te speur. Dit is duidelik dat verskillende invloede meegewerk het om die Kaapse stoelvorms soos hulle vandag oral in museums en private versamelings te sien is, te laat ontstaan. Daar is 'n groot variasie van ontwerpe en die studie poog om die oorsprong van elke ontwerp soos gevind in tipiese Kaapse stoelvoorbeelde na te vors. Vir hierdie doel is Kaapse stoel voorbeelde deeglik nagegaan in museums, private besit en in literatuur. Foto's is geneem en sketse is gemaak om elke besonderheid vas te lê om steeds na terug te kan verwys. Om die Europese en Oosterse agtergrond vir die navorsing te verkry, is Europese museums besoek en literatuur nagegaan.

Description

Dissertation (MA)--University of Pretoria, 1969.

Keywords

UCTD

Sustainable Development Goals

Citation

Botha, M 1969, Die Kaapse stoele : 'n studie van hulle herkoms met spesiale verwysing na die invloed van die Europese en Oosterse stoelvorms, MA Dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/58770>