AIDS orphans and children's rights

Loading...
Thumbnail Image

Authors

Davel, C.J.
Mungar, U.

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

LexisNexis

Abstract

Die verwoesting wat deur die Vigs-pandemie gesaai word, is nie beperk tot die direkte gevolge van die siekte vir die persone wat daaraan ly nie. Die stigma wat daaraan kleef, die onvermoë van die regering om op alle vlakke gepaste stappe te doen en die gemeenskap se gebrek aan betrokkenheid, vererger die gevolge daarvan. In ontwikkellende lande dra armoede ook by tot die totale verwoesting wat hierdie siekte meebring. Vigs-weeskinders ly waarskynlik die heel ergste onder die gevolge van MIV/Vigs. In hierdie bydrae word die fundamentele regte en ook die regte wat in internasionale dokumente vir kinders bestaan, ontleed. Daar word aangetoon dat hierdie regte van vigsweeskinders deurlopend geskend word. Hierdie kinders se regte kan weens verskeie redes ook nie eens in ’n breë familieverband ondervang word nie. Verder word toegegee dat dit ongewens is om kinders op ’n groot skaal in inrigtings te versorg. In dié bydrae word moontlikhede ondersoek om die nadelige uitwerking van die siekte op hierdie kategorie besonder kwesbare kinders se regte te beperk. Die gevolgtrekking wat bereik word, is dat veel uitgebreider regerings- en gemeenskapsbetrokkenheid noodsaaklik is ten einde die regte van Vigs-weeskinders ’n werklikheid te maak.

Description

Keywords

AIDS, Vigs, Weeskinders, Children’s rights, Kinderregte

Sustainable Development Goals

Citation

Davel, CJ & Mungar, U 2007, 'AIDS orphans and children's rights', Journal of Contemporary Roman Dutch Law/Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, vol. 70, no. 1, pp. 65-83. [www.lexisnexis.co.za]