Community-based tourism and its potential to improve living conditions among the Hananwa of Blouberg (Limpopo Province), with particular reference to catering services during winter

Show simple item record

dc.contributor.author Boonzaaier, C.C. (Chris)
dc.contributor.author Philip, Loudine
dc.date.accessioned 2008-05-20T08:24:04Z
dc.date.available 2008-05-20T08:24:04Z
dc.date.issued 2007
dc.description.abstract Die Hananwa is 'n relatief selfversorgende gemeenskap van Tswana-Hurutshe herkoms wat in relatiewe afsondering bo-op Blouberg in die Limpopoprovinsie woonagtig is. As gevolg van hulle af-gesonderdheid is die gemeenskap steeds baie tradisioneel georïenteerd wat hulle kulturele aktiwiteite betref. Die doel van hierdie studie was om ondersoek in te stel na die moontlikheid dat die gemeenskap voedsel kan voorsien aan 'n stat (motse) vir besoekers wat bo-op die berg vir toeristeverblyf opgerig is. Sodanige voorsiening van voedsel aan die besoekerstat sou in lyn wees met die doelwitte van gemeenskapsgebaseerde toerismeontwikkeling waarvolgens entrepreneurskap deur die ontwikkeling van kennis en vaardighede gevestig word sodat die plaaslike bevolking op direkte en indirekte wyse voordeel uit die besoekerstat kan trek. In hierdie ondersoek is die gemeenskap se gesindheid ten opsigte van toerisme en die rol wat logistiese dienste soos die voorsiening en voorbereiding van voedsel sou kon speel om van die projek 'n sukses te maak, ook bepaal. Aandag is gegee aan beleid ten opsigte van die beskerming van die Hananwa se kulturele erfenis - in besonder hulle dieetpatroon - teen die verwagte impak van toerisme. Al elf huishoudings in die stamwyk waarin die besoekerstat geleë is, is besoek, en twee huishoudings in die aangrensende stamwyk is as 'n steekproef vir kontroledoeleindes besoek. 'n Kwalitatiewe navorsingstrategie is gevolg en data-insamelingstegnieke soos individuele onderhoude en deelnemende waarneming is gebruik. In die proses is daar deurentyd gepoog om gemeenskapsbetrokkenheid te bewerkstellig deur die inwoners se oordeel oor verbandhoudende sake soos toerisme en die volhoubaarheid daarvan, voedselresepte en die voorbereiding daarvan vir toeriste te bepaal en voorstelle van die inwoners te kry met besondere verwysing na die voorsiening van voedsel in die winter. Hierdie artikel gee dus 'n aanduiding van die Hananwa se gesindheid jeens toerisme, die voedselsoorte wat deur individuele huishoudings verbou word, bepaalde resepte en die wyse waarop die mees algemene en belangrikste voedselsoorte voorberei word, veral in die winter. Terselfdertyd word moontlike aanpassings aan die tradisionele dieet voorgestel om dit by Westerse smaakvoorkeure te laat aanpas, en aanbevelings ten opsigte van bepaalde dienste word ook gemaak ten einde soveel huishoudings moontlik te laat voordeel trek uit die besoekerstat. en
dc.format.extent 792136 bytes
dc.format.mimetype application/pdf
dc.identifier.citation Boonzaaier, CC & Phillip, L 2007, 'Community-based tourism and its potential to improve living conditions among the Hananwa of Blouberg (Limpopo Province), with particular reference to catering services during winter', Journal of Family Ecology and Consumer Sciences, vol. 35, pp. 26-38. [http://www.up.ac.za/saafecs/] en
dc.identifier.issn 0378-5254
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/5377
dc.language.iso en en
dc.publisher South African Association of Family Ecology and Consumer Sciences en
dc.rights South African Association of Family Ecology and Consumer Sciences en
dc.subject Communinity-based tourism en
dc.subject Hananwa en
dc.subject Dietary habits en
dc.subject Tourism development en
dc.subject.lcsh Underwater archaeology -- Namibia
dc.title Community-based tourism and its potential to improve living conditions among the Hananwa of Blouberg (Limpopo Province), with particular reference to catering services during winter en
dc.type Article en


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record