There is some concern about the future ability of South Africa’s Research and Development (R&D) system to produce R&D output. This paper documents a Delphi study that was conducted in order to gain insight into the opinion of experts regarding the most pressing issues facing the South African R&D system in the next 20 years. Two main themes emerge from the study. First, experts foresee poor prospects for the retention and rejuvenation of researchers in the system. The second theme is the poor prospects for sufficient funding for R&D in the next 20 years. In general, there was a high level of agreement that the issues were critical. The exception was the respondents’ opinion on the negative effect current Black Economic Empowerment policies might have on quality and R&D capacity in the private sector.
AFRIKAANS: Daar bestaan ’n mate van kommer oor die toekomstige vermoë van Suid-Afrika se
Navorsing en Ontwikkeling(N&O)-stelsel om N&O-uitsette te lewer. In hierdie verslag word ’n Delphistudie gedokumenteer wat uitgevoer is om kenners se opinies in te win rakende die mees dringende sake wat die Suid-Afrikaanse N&O-stelsel in die volgende 20 jaar in die gesig staar. Twee temas kom na vore in die navorsing. In die eerste plek, voorsien kenners swak vooruitsigte vir die behoud en vernuwing van personeel van die stelsel. In die tweede plek, word swak vooruitsigte in terme van voldoende befondsing vir N&O oor die volgende 20 jaar voorsien. Oor die algemeen is ’n hoë mate van samestemming ten opsigte van die kritikaliteit van die aangeleenthede gevind. Die uitsondering was die respondente se opinie van die negatiewe effek wat huidige Swart Ekonomiese Bemagtigingsbeleid mag hê op die kwaliteit en vermoëns van N&O in die privaatsektor.