The requirements for validity and proprietary consequences of monogamous and polygynous customary marriages in South Africa : some observations

Show simple item record

dc.contributor.author Maithufi, Ignatius Philip
dc.date.accessioned 2016-04-14T09:56:39Z
dc.date.available 2016-04-14T09:56:39Z
dc.date.issued 2015
dc.description.abstract Die Wet op die Erkenning van Gebruiklike Huwelike van 1998 erken beide monogame en poligene gebruiklike huwelike. Dit gee die vereistes vir geldige gebruiklike huwelike en stipuleer die vermoënsregtelike gevolge daarvan. Monogame gebruiklike huwelike mag óf binne gemeenskap van goedere wees óf buite gemeenskap van goedere. Waar daar geen voorhuwelikse kontrak bestaan nie sal monogame gebruiklike huwelike binne gemeenskap van goedere geag word. Hierdie reëling kan tot die nadeel wees van 'n gade wat nie verkies of bedoel het dat dié huweliksgoedere bedeling toepassing moes vind nie. 'n Gebruiklike huwelik is 'n proses, wat aanvang vind by die onderhandeling rakende lobolo en eindig by die oorhandiging van die bruid aan die familie van die bruidegom. Dit is daarom moontlik dat daar aan al die vereistes vir 'n geldige gebruiklike huwelik voldoen word, voordat die aanstaande gades 'n ooreenkoms rakende die vermoënsregtelike gevolge bereik het. Dit word aangevoer dat 'n ooreenkoms rakende die vermoënsregtelike gevolge 'n vereiste vir die totstandkoming van 'n geldige gebruiklike huwelik moet wees. Wilsooreenstemming is een van die belangrikste vereistes vir 'n geldige gebruiklike huwelik. Die aanstaande gades moet wilsooreenstemming bereik om met mekaar te trou, onderworpe aan die gewoontereg. Op dieselfe wyse waarop wilsooreenstemming, om ooreenkomstig die gewoontereg te trou, bereik word, moet die aanstaande gades toegelaat word om die vermoënsregtelike gevolge van hulle huwelik te bepaal om sodoende te voorkom dat regsprobleme onstaan in die geval waar die man besluit om met meer as een vrou te trou. Waar 'n man in 'n gebruiklike huwelik besluit om nog 'n vrou te trou ooreenkomstig die gewoontereg, sal hy 'n kontrak moet verkry wat die vermoënsregtelike gevolge van sy huwelike bepaal. Die proses om aansoek te doen vir hierdie kontrak word volledig bespreek, alhoewel die versuim om dit te doen nie die geldigheid van die opvolgende gebruiklike huwelike raak nie. en_ZA
dc.description.department Private Law en_ZA
dc.description.librarian am2016 en_ZA
dc.description.uri http://www.dejure.up.ac.za en_ZA
dc.identifier.citation Maithufi ‘The requirements for validity and proprietary consequences of monogamous and polygynous customary marriages in South Africa: Some observations’ 2015 De Jure 261-279 http://dx.DOI.org/ 10.17159/2225-7160/2015/v48n2a1. en_ZA
dc.identifier.issn 1466-3597
dc.identifier.other 10.17159/2225-7160/2015/v48n2a1
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/52003
dc.language.iso en en_ZA
dc.publisher Pretoria University Law Press en_ZA
dc.rights Pretoria University Law Press en_ZA
dc.subject Suid-Afrika (SA) en_ZA
dc.subject South Africa (SA) en_ZA
dc.subject Monogame huwelike en_ZA
dc.subject Poligene huwelike en_ZA
dc.subject Monogamous marriages en_ZA
dc.subject Polygynous marriages en_ZA
dc.title The requirements for validity and proprietary consequences of monogamous and polygynous customary marriages in South Africa : some observations en_ZA
dc.title.alternative Vereistes vir die geldigheid en vermoensregtelike gevolge van monogame en poligene gebruiklike huwelike in Suid Afrika : ’n paar waarnemings en_ZA
dc.type Article en_ZA


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record