The requirements for validity and proprietary consequences of monogamous and polygynous customary marriages in South Africa : some observations

dc.contributor.authorMaithufi, Ignatius Philip
dc.date.accessioned2016-04-14T09:56:39Z
dc.date.available2016-04-14T09:56:39Z
dc.date.issued2015
dc.description.abstractDie Wet op die Erkenning van Gebruiklike Huwelike van 1998 erken beide monogame en poligene gebruiklike huwelike. Dit gee die vereistes vir geldige gebruiklike huwelike en stipuleer die vermoënsregtelike gevolge daarvan. Monogame gebruiklike huwelike mag óf binne gemeenskap van goedere wees óf buite gemeenskap van goedere. Waar daar geen voorhuwelikse kontrak bestaan nie sal monogame gebruiklike huwelike binne gemeenskap van goedere geag word. Hierdie reëling kan tot die nadeel wees van 'n gade wat nie verkies of bedoel het dat dié huweliksgoedere bedeling toepassing moes vind nie. 'n Gebruiklike huwelik is 'n proses, wat aanvang vind by die onderhandeling rakende lobolo en eindig by die oorhandiging van die bruid aan die familie van die bruidegom. Dit is daarom moontlik dat daar aan al die vereistes vir 'n geldige gebruiklike huwelik voldoen word, voordat die aanstaande gades 'n ooreenkoms rakende die vermoënsregtelike gevolge bereik het. Dit word aangevoer dat 'n ooreenkoms rakende die vermoënsregtelike gevolge 'n vereiste vir die totstandkoming van 'n geldige gebruiklike huwelik moet wees. Wilsooreenstemming is een van die belangrikste vereistes vir 'n geldige gebruiklike huwelik. Die aanstaande gades moet wilsooreenstemming bereik om met mekaar te trou, onderworpe aan die gewoontereg. Op dieselfe wyse waarop wilsooreenstemming, om ooreenkomstig die gewoontereg te trou, bereik word, moet die aanstaande gades toegelaat word om die vermoënsregtelike gevolge van hulle huwelik te bepaal om sodoende te voorkom dat regsprobleme onstaan in die geval waar die man besluit om met meer as een vrou te trou. Waar 'n man in 'n gebruiklike huwelik besluit om nog 'n vrou te trou ooreenkomstig die gewoontereg, sal hy 'n kontrak moet verkry wat die vermoënsregtelike gevolge van sy huwelike bepaal. Die proses om aansoek te doen vir hierdie kontrak word volledig bespreek, alhoewel die versuim om dit te doen nie die geldigheid van die opvolgende gebruiklike huwelike raak nie.en_ZA
dc.description.departmentPrivate Lawen_ZA
dc.description.librarianam2016en_ZA
dc.description.urihttp://www.dejure.up.ac.zaen_ZA
dc.identifier.citationMaithufi ‘The requirements for validity and proprietary consequences of monogamous and polygynous customary marriages in South Africa: Some observations’ 2015 De Jure 261-279 http://dx.DOI.org/ 10.17159/2225-7160/2015/v48n2a1.en_ZA
dc.identifier.issn1466-3597
dc.identifier.other10.17159/2225-7160/2015/v48n2a1
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/2263/52003
dc.language.isoenen_ZA
dc.publisherPretoria University Law Pressen_ZA
dc.rightsPretoria University Law Pressen_ZA
dc.subjectSuid-Afrika (SA)en_ZA
dc.subjectSouth Africa (SA)en_ZA
dc.subjectMonogame huwelikeen_ZA
dc.subjectPoligene huwelikeen_ZA
dc.subjectMonogamous marriagesen_ZA
dc.subjectPolygynous marriagesen_ZA
dc.titleThe requirements for validity and proprietary consequences of monogamous and polygynous customary marriages in South Africa : some observationsen_ZA
dc.title.alternativeVereistes vir die geldigheid en vermoensregtelike gevolge van monogame en poligene gebruiklike huwelike in Suid Afrika : ’n paar waarnemingsen_ZA
dc.typeArticleen_ZA

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Maithufi_Requirements_2015.pdf
Size:
156.08 KB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Article

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: