Andre P. Brink se bevrydende woord en dissidensie

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Willemse, Hein (Heinrich Stephen Samuel)

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

Tydskrif vir Letterkunde Assosiasie

Abstract

Ek het die opdrag om oor André P. Brink en ideologie te praat.1 Met ideologie verstaan ons gewoonlik die idees, of die belange en waardes waarmee elkeen van ons, of die groepe waarin ons ons bevind, ons wêreld beding. Ons waardeoordele en oortuiginge is nie uitermate individueel nie; in ’n sin is daar ’n historiese bepaaldheid vir hoe ons dink en waarom ons juis só dink. Hoe byvoorbeeld staan ons tot die ekonomiese magsverhoudinge in ons samelewing? Is ons in stryd met ’n bepaalde magsomgewing of reproduseer ons daardie ekonomiese, politieke en sosiale magsverhoudinge? Waarom dink ons soos ons dink? Waarom dink ons nie anders nie? En waar kom al die waardes wat ons so verdedig of teenstaan dan vandaan? Dié opvatting van ideologie beteken egter nie ’n predeterminasie wat vóórkom dat die individuele skrywer nie téén sy omgewing, téén sy historiese agtergrond en téén ’n magstruktuur kan inskryf nie.

Description

Keywords

Andre P. Brink, Idees, Ekonomiese magsverhoudinge, Dissidensie

Sustainable Development Goals

Citation

Willemse, H 2015, 'Andre P. Brink se bevrydende woord en dissidensie', Tydskrif vir Letterkunde, vol. 52, no. 2, pp. 210-214.