Challenges to the South African corporate leniency policy and cartel enforcement

Show simple item record

dc.contributor.author Van Heerden, C.M. (Corlia)
dc.contributor.author Botha, Monray Marsellus
dc.date.accessioned 2015-07-04T08:06:30Z
dc.date.available 2015-07-04T08:06:30Z
dc.date.issued 2015
dc.description.abstract Die voorkoming, opsporing en vervolging van kartelle is ’n prioriteit van mededingingsowerhede wêreldwyd gegewe die negatiewe impak wat sodanige bedrywighede het op pryse en keuse van produkte en die feit dat dit invoering in markte smoor. Weens die groot geheimhouding waarin kartelbedrywighede gehul is, is dit egter uit ’n afdwingingsoogpunt uiters moeilik om voldoende inligting te bekom op grond waarvan kartelle aan die kaak gestel kan word. Die Wet op Mededinging 89 van 1998 bevat in artikel 4(1)(b) bepalings wat karteldeelname aan prysvasstelling, markverdeling en samespannende tenders verbied. Voor die inwerkingtreding van gemelde wet het Amerika, synde die bakermat van statutêre mededingingsreg, besef dat die verordening van wetgewing alleen nie genoeg is om kartelle die stryd aan te sê nie en dat daar bykomende maatreëls ter afdwinging nodig is ten einde die mededingingsowerhede in staat te stel om inligting oor kartelbedrywighede te bekom. Met hierdie doel voor oë is die konsep van ’n toegeeflikheidsbeleid in die Amerikaanse mededingingsreg ingelei en het dit gou guns gewen in die Europese Unie en ander mededingingsjurisdiksies wat ook sodanige toegeeflikheidsprogramme aangeneem het. In 2004 het die Suid-Afrikaanse mededingingskommissie die internasionale neiging gevolg en ’n toegeeflikheidsbeleid aangeneem, wat in 2008 hersien en verbeter is. Die geldigheid van hierdie beleid is egter onlangs bevraagteken in Agri Wire (Pty) Ltd v The Commissioner of the Competition Commission, welke saak uiteindelik voor die hoogste hof van appèl gedraai het. Die doel van hierdie bespreking is om die bestaansrede vir toegeeflikheidsprogramme in die mededingingsreg te ondersoek, aan te dui presies wat die omvang van die Suid-Afrikaanse mededingingskommissie se toegeeflikheidsbeleid is en aanslae teen die beleid te bespreek. en_ZA
dc.description.librarian am2015 en_ZA
dc.description.uri http://reference.sabinet.co.za/sa_epublication/ju_tsar en_ZA
dc.identifier.citation Van Heerden, C & Botha, MM 2015, 'Challenges to the South African corporate leniency policy and cartel enforcement', Journal of South African Law / Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, no. 2, pp. 308-333. en_ZA
dc.identifier.issn 0257-7747 (print)
dc.identifier.issn 1996-2207 (online)
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/46298
dc.language.iso en en_ZA
dc.publisher Juta Law en_ZA
dc.rights Juta Law en_ZA
dc.subject South African corporate en_ZA
dc.subject Cartel enforcement en_ZA
dc.subject Competition law en_ZA
dc.subject Leniency policies en_ZA
dc.subject Corporate leniency policy en_ZA
dc.subject South African Competition Commission en_ZA
dc.title Challenges to the South African corporate leniency policy and cartel enforcement en_ZA
dc.title.alternative Uitdagings wat die toegeeflikheidsbeleid in die suid-Afrikaanse mededingingsreg in die gesig staar en_ZA
dc.type Article en_ZA


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record