Begrip "amptelikheid" van taal in die lig van onlangse buitelandse regspraak

Loading...
Thumbnail Image

Authors

Malan, Jacobus J. (Koos)

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

LexisNexis

Abstract

Hierdie kort aantekening oorweeg die betekenis van die begrip amptelike taal soos wat dit in talle grondwetlike en wetgewende bepalings, onder andere in artikel 6(1) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 voorkom. Die vraag na wat die paslike vertolking van die begrip amptelike taal behoort te wees, is veral vanweë die volgende drie oorwegings van belang: Eerstens, ofskoon mens sou dink dat die amptelikheid van taal noodwendig impliseer dat die betrokke taal vir wetgewende, uitvoerende en regsprekende funksies gebruik behoort te word (Currie “Official languages and linguistic rights” in Woolman et al Constitutional law of South Africa (2005) 65-6), is dit tradisioneel nie noodwendig die geval nie. Tweedens is daar egter betekenisvolle nuwe ontwikkeling in internasionale en buitelandse regspraak, wat in deel 3 hier onder behandel word. In daardie regspraak word substantiewe betekenis aan amptelike taalstatus verleen. Hierdie ontwikkeling is ook vir Suid-Afrika belangrik aangesien ons howe ingevolge artikel 39(1)(b) internasionale reg (volkereg) in ag moet neem en ingevolge artikel 39(1)(c) van die Grondwet buitelandse reg in ag kan neem, en ter wille van die navolging van die beste internasionale praktyk, myns insiens in ag behoort te neem. Derdens, behoort die pas gepromulgeerde Wet op die Gebruik van Amptelike Tale 12 van 2012, wat volgens oortuigende kommentaar nie daarin slaag om die grondslag vir verbeterde veeltaligheid in Suid-Afrika te lê nie (Pretorius “The use of the Official Languages Act: Diversity affirmed?” 2013 PER 281 305–310), in die lig van hierdie nuwe ontwikkelinge in buitelandse regspraak oorweeg te word.

Description

Keywords

Amptelike taalstatus, Begrip amptelike taal, Wetgewende, uitvoerende en regsprekende funksies, Internasionale en buitelandse regspraak

Sustainable Development Goals

Citation

Malan, K 2015, 'Die begrip "amptelikheid" van taal in die lig van onlangse buitelandse regspraak', Journal of Contemporary Roman Dutch Law/Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, vol. 78, pp. 116-120.